<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Botsing by gevaarlike afrit eis twee lewens

 
News : 15 Nov 2013 135 Viewed By LiN Nuus 0

’n Bots­ing op die N1-snel­weg by die ge­vrees­de Mook­go­phong-af­rit het ’n reuse-ont­plof­fing ver­oor­saak en twee le­wens ge­ëis.
In die vroeë og­gend­ure van Don­der­dag, 7 No­vem­ber, het ’n in­wo­ner van Mook­go­phong ont­plof­fings wat uit die rig­ting van Mo­di­mol­le af­koms­tig was, aan die polisie ge­rap­por­teer.
Lede van die Na­boom Crime Watch wat op pa­trol­lie was en konst. Ma­rie­tjie van der Mer­we het on­der­soek gaan in­stel om se­ker te maak dat daar nie weer met trans­for­ma­tors ge­peu­ter word nie. Frik­kie van Sta­den, wat saam met Fre­de­rik Bui­ten­dag pa­trol­lie ge­ry het, het op ’n groot on­ge­luk net buite Mook­go­phong op die N1-snel­weg af­ge­kom en ge­vind dat dit moont­lik die oor­saak van die ont­plof­fings kon wees.
Twee vrag­mo­tors het ge­bots en aan die brand ge­slaan, waar­na die gas­bot­tels wat op die een vrag­mo­tor ge­laai was ver­moe­de­lik een vir een ont­plof het. Die ander vrag­mo­tor het onder meer se­ment ver­voer.
Van der Merwe was saam met die eerste
po­li­sie­voer­tuig op die to­neel. Van Sta­den en Bui­ten­dag was reeds be­sig om by­stand aan van die be­seer­des te ver­leen. Faan Eras­mus, wat ook op pa­trol­lie was, het ook da­de­lik by­stand aan­gebied en later het dr. HP Eras­mus ook op­ge­daag om hulp te ver­leen tot­dat die ver­keers­be­amp­tes, brand­weer en am­bu­lan­se op­ge­daag het.
“Daar was on­ge­loof­lik baie rook op die N1-snel­weg,” het Van der Merwe ge­sê.
Die in­sit­ten­des in die een vrag­mo­tor was ’n pa en 'n jong meisie van Mo­ko­pa­ne. Nico Jor­daan en die 20-ja­rige dog­ter, An­ro­nel Woest, is albei oor­le­de.
Woest, wat voor haar dood op Tza­neen gewoon het, is in die ont­plof­fings op die to­neel dood en kon nie uit die bran­den­de vrag­mo­tor be­vry word nie. Jor­daan is op pad na die hos­pi­taal oor­le­de.
Die onge­luk het by die be­rug­te Mook­go­phong-af­rit plaas­gevind, waar ver­skeie on­ge­luk­ke al in die ver­le­de plaas­ge­vind en die le­wens van meer as een pers­oon al ge­ëis het.
Dié af­rit word glo as een van die ge­vaar­lik­ste af­rit­te op die N1 Noord-snel­weg be­skou.
’n Saak van straf­bare man­slag word on­der­soek.
— LiN Nuus/Die Pos

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube