<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nie veilig in jou eie huis

 
News : 02 Dec 2013 100 Viewed By Valerie Cilliers 0

“Dit is die slapelose nagte na ‘n inbraak wat ‘n mens die swaarste tref. Maak nie saak hoe hard jy probeer nie, jy kan net nie die beelde uit jou kop uit kry nie. Twee vreemdelinge in jou huis...langs jou bed in die middel van die nag, ek bly dit voor my sien afspeel.” so vertel Ina* wat saam met haar man Johan* verlede Woens-
dagaand met messe in hulle meent-
huiskompleks in Lephalale aangehou is.
Ina vertel dat hulle so 01:00 Woensdag-oggend wakker geword het toe twee mans die kamer binne kom met flitse en messe. “Hulle het ons beveel om stil te bly en het die duvet oor ons koppe gegooi terwyl hulle die kamer omgekeer het opsoek na geld, juwele en selfone.”
Hulle het later vir Johan na die studeerkamer geneem waar hulle ‘n mes teen sy rug gedruk het en vir hom laat verstaan het dat sy voorvaders hulle voorvaders doodgemaak het en dat hy nou daarvoor moet betaal. Johan het kalm gebly en nadat die booswigte al die skootrekenaars en kameras bymekaargemaak het, is hulle terug na die slaapkamer. Ina het intussen die deur gesluit en dit het hulle moontlik laat besluit om eerder die hase pad te kies. Dit was die derde inbraak by dieselfde kompleks in een week en die volgende aand het inwoners weer bewus geword van verdagtes wat middernagtelike ure in die veld agter die kompleks rondloop met flitse.
“’n Mens is kwaad, want jy spaar lank vir jou goed en binne ‘n paar minute is dit iemand anders se eiendom,” vertel sy. “Selfs nou met versterkte veiligheidshekke voel ‘n mens nie veilig in jou eie huis nie. Ja, ons is dankbaar dat ons niks oorgekom het nie, maar moet ‘n mens dit sommer net so aanvaar?”
By verlede week se Gemeenskapspo-lisiëringsforum het polisie erken dat inbrake 'n groot probleem in Lephalale is. Voorsitter Thys Eloff het by die vergadering die publiek gemaan om tydens die feesseisoen baie oplettend te wees. Vra jou bure om 'n ogie te hou as jy die vakansie weggaan. 'n Bron na aan die polisie het aan Noordelike Nuus gesê dat daar sommige dae tot sewe huisbrake in Lephalale aangemeld word. Polisie woordvoerder, A.O. Frans Mokoena sê egter dat dit nie die geval is nie en dat daar die afgelope naweek net twee residensiële- en twee besigheids inbrake aangemeld is.
*Name is op versoek verander. - Valerie Cilliers (valerie@noordnuus.co.za)

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube