<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dit gaan goed met Pastoor Attie

 
Pastoor Attie van Wyk
News : 02 Dec 2013 157 Viewed 0

Pastoor Attie van Wyk wat vroeër hierdie maand in 'n ernstige ongeluk op die Marken pad betrokke was, sterk reeds goed by sy huis in Lephalale aan. Hoewel sy borsbeen in die ongeluk gebreek is sê hy dat hy relatief min pyn het.
Die erge harsingskudding wat hy opgedoen het beïnvloed ook sy sig. "Ek ervaar net ongemak en dokters sê dit kan tot drie maande neem vir die gebreekte been om te heg."
Pastoor Attie het reeds die week by ‘n vroue selgroep geleentheid gehad om te getuig van God se beskerming tydens die ongeluk. Hy het vertel dat hy onlangs telefonies gesels het met die persoon wat eerste op die toneel was na die ongeluk. Gerhard du Plooy van Mokopane was in die donker oppad terug huis toe toe hy voor hom in die pad ‘n lig sien. Dit was die motor se koplig waarin Pastoor Attie minute van te vore teen ‘n vragmotor wat dwars oor die pad gestaan gebots het. Du Plooy glo dat hy beslis self ook teen die vragmotor sou vasgery het as dit nie vir die lig was nie. Hy het dadelik gestop en Pastoor Attie en sy skoonsuster Frieda vasgekeer in die motor aangetref. Albei was by hul positiewe. Du Plooy het die battery ontkoppel wat moontlik verhoed het dat die motor aan die brand slaan.
“Ek hoop om binnekort vir Gerhard in persoon te sien, ek sal hom graag wil bedank dat hy ons gehelp het.”
Pastoor Attie wil graag die gemeenskap van Lephalale en ook elders bedank vir hulle gebede en belangstelling.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube