<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Hoë-oktaan afsluiting

 
News : 13 Dec 2013 178 Viewed 0

Bosveld Wedrenklub se laaste wedrenne vir die jaar het onlangs vir groot opwinding gesorg toe die jong opkomende jaers van Polokwane hul staal op die Bosveld Oval kom wys het. 
Die nuweling, Dylan Bosch, het in die Rookie-klas met die louere weggestap in al drie wedrenne. Roean van Breda het met die tweede plek en Nico Grebe met die derde plek weggestap.
Onder die Stockrod jaers was Joseph Bothma gemaklik met elke wedren eerste verby die geruite vlag. Dit het hom verseker van ‘n algehele eerste plek vir die aand. Louis Ruytenberg (Jnr) en MJ Bekker moes baklei vir die oorblywende twee plekke. Ongelukkig wou MJ se motor nie sy samewerking gee deur die aand nie en het Louis tweede gekom met MJ derde.
Die 1660’s was die grootste klas vir die aand en Johan Fourie (Pretoria) het as die kampioen weggestap.  Heath Bent
(Polokwane) was tweede en Hennie de Koker (Polokwane) derde.
Die Pinto’s was een van die aand se hoogtepunte met Suid-Afrika se nommer een en drie jaers wat hier kom deelneem het.  Shaun Olivier (Rietkuil) het as algehele wenner weggestap en die eerste plek trofee verower.  SA se nommer een - JJ Olivier (Pretoria) het met die tweede plek weggestap en Chantel Lewis (Pretoria) was in die derde plek.
Roelof van Breda (Polokwane) was eerste in die 2-liter klas en Jan Venter (Mokopane) - tweede. Henco Botes van Mokopane het derde geëindig.
In die Hotrods wedren het Stephan Weideman (Polokwane) kom wys hoekom hy die titel van SA se nommer drie het. Hy het weggestap met die eerste plek en Hennie Steenkamp (Polokwane) moes tevrede wees met die tweede plek met Roelof van Breda derde.
In die Sprints-klas was Quintin Fourie eerste, Peter de Wet tweede en Charles Charlson derde.
Daar is ook Saterdag tyd gemaak vir ‘n bietjie ekstra anderse pret. Die klub het gereël dat die hoof van verkeer, Log
Buitendag, op ‘n spesiale “drift” sessie om die baan saam met Fredrick Cooper gaan.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube