<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Pryse vir CVO se laerskool presteerders

 
Die Potgietersrus CVO laerskool se leerlingraad vir 2014 is van links agter: Cornelia Human, Chandré Boonzaaier (hoofdogter), Liezel van Schalkwyk (onderhoofdogter) en Martelie van Zyl. Voor: Marcel Pretorius en Althia van der Merwe.
News : 13 Dec 2013 328 Viewed 0

Die Potgietersrus CVO skool het kort voor die skoolvakansie sy top leerlinge vereer tydens ‘n glans-toe-kenningsaand in die skool se nuwe saal.
Laerskool presteerders was eerste aan die beurt. Fanie Jansen is vereer vir sy getroue skoolbesoek die afgelope sewe jaar en Liezel van Schalkwyk het die Taaltoekenning ontvang as die leerling wat die suiwerste Afrikaans praat.
JF van der Merwe is die leerling wat die beste presteer op die Noord Transvaal se streek redenaars en hy deel ook die kultuur trofee met Lijon Spies.
Lijon word ook aangewys as die Sportdogter van die jaar vir Graad 1-3 en haar seuns eweknie is Evan Pretorius.
Die Sportseun van die jaar onder die groter laerskool kinders is Gielie Bota en die sportdogter is Althia van der Merwe.

 

 

 
 

Hier is die Graad 1 leerlinge van die Potgietersrus CVO skool wat onlangs toekennings ontvang het tydens die skool se prysuitdelingsfunksie.
Potgietersrus CVO skool se Graad 2 presteerders.
Hierdie Graad 3’s het toekennings ontvang tydens die prysuitdeling.
Bo: Graad 4 presteerders van die CVO skool.
Graad 5 se top CVO presteerders vir 2013.
Potgietersrus CVO skool se Graad 6 leerlinge wat almal vereer is vir hul harde werk en toewyding.
Volgende jaar is hierdie outjies in die hoërskool, maar hulle het vir oulaas gewys dat hulle het wat dit verg om op laerskool-vlak te presteer. Hulle is die Graad 7's wat toekennings ontvang het.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube