<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

‘n Terugblik op 2013

 
Die boek Pippie, geskryf deur Colleen Naude en Anice Kruger word bekend gestel en verskyn heel eerste op winkelrakke in Lephalale.
News : 17 Dec 2013 255 Viewed 0

Met hierdie laaste koerant van 2013 is dit gepas dat ons terugkyk op die hoogte- en laagtepunte van die afgelope jaar. Ons by Noordelike Nuus neem nou vir ‘n week of twee ‘n ruskansie voor ons volgende koerant DV op 10 Januarie op straat verskyn. Ons dank ons lojale lesers en adverteerders vir ‘n fantastiese jaar van groei en vooruitgang vir ons en hopelik ook vir julle. Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2014. - Die Noordelike Nuus span

Januarie
Die nuus van ‘n gru-ongeluk waarin ‘n 11-jarige dogter wees gelaat is het die gemeenskap van Lephalale tot aksie oorgehaal. Binne etlike ure het die mense hulle hart en beursies oopgemaak om te help met Eurika Burger se mediese onkostes.
Vir Mokopane het 2013 met ‘n optraande stryd begin. Sylvania Platinum het sy mynlisiensie aansoeke so ingedien dat die die openbare deelname proses in Desember van 2012 deurgestoomroller moes word. Die Nyl Aksiegroep moes vroeg in Januarie ‘n verteenwoordigerskomitee op die been bring om die uitdagings van die beoogde platinamyn in die Nyl vloedvlakte die hoof te bied. Dit lyk of hierdie Kersgety ‘n herhaling van verlede jaar gaan wees. Sylvania het sy vorige aansoek laat vaar en ‘n nuwe mynaansoek ingedien - weer so dat die openbare deelname proses in Desember/Januarie deurgevoer moet word. Sylvania se omgewingskonsultant, E-Science Associates ontken dat dit moedswillig so georkestreer word. Die Nyl Aksiegroep stem nie saam nie.
Also in January more than 1000 Medupi workers marched from Section 7 in
Onverwacht to the Medupi site. The strikers were unhappy about the bonuses they
received over Christmas. The strike turned violent and several vehicles were damaged.

Februarie
In Februarie het Prof Jonathan Jansen van die Universiteit van die Vrystaat by Hoërskool Piet Potgieter besoek kom aflê. Prof Jansen was so beïndruk met die kwaliteit van studente wat Piet Potgieter oplewer dat hy die hoof, Jas Hansen, geskakel het om hom geluk te wens. Hansen het hom tydens dié oproep uitenooi om te kom kuier.
In Ferbruarie het die Departement van omgewingsake Sandmyners langs die Mogolrivier verwittig dat all mynbedrywighede langs die rivier gestaak moet word. Kommer bestaan dat die mynery skade aan die rivier berokken. 
Mokopane mayor, Thlalefi Mashemaite, ends up in hospital after a car accident in the early morning hours one Sunday Morning. At the time it wasn’t clear what caused the accident. The municipality simply confrimed that friends of the mayor took him to Voortrekker hospital and that he was later transferred to Polokwane. He didn’t sustain any major injuries.
In February the Carte Blanche team visited Lephalale to cover the strike action at
Medupi. The team were in the midst of violent protest action where several vehicles were burnt in Marapong.

Maart
Die Pippie se Gesiggie Fonds wat geld insamel vir brandslagoffers en vir Pippie Kruger se behandeling is ingespan om ‘n vyf-jarige dogtertjie van Northam, Celiwe Maseko te help nadat sy erg gebrand het. Ook haar vel is soos Pippie se vel in Amerika gekloon en op haar oorgeplant.
Vroeg in Maart tref die perdevleis-skandaal die wêreld en Mokopane se slagters maak dit duidelik dat daar geen perdevleis uit hulle slaghuise verkoop word nie.

April
In April is drie renosters by Zinyathi lodge in die Steenbokpan-omgewing ge-
skiet en is ‘n renoster kalfie wees gelaat.
Police thwart the plans of a gang of armed robbers on their way to rob the Shell filling station in Mahwelereng. The five suspects from Seshego were caught by a specialist unit that has been on their trail for months.
The Vodocom Blue Bulls played against the Limpopo Bulls at the Mogol club in Lephalale. They won the match 110 – 0.
Die Mogalakwena munisipaliteit moet vinnig plan maak met ‘n tamaai daggaplant wat op die dorp se stortingsterrein groei en baie mooi versorg en geoes word. Toe Noordelike Nuus daaroor navraag doen is die plant inderhaas verwyder.

Mei
Die Piet Potgieter Monument Tehuis hou sy eerste veteraan motorskou. Dit is van meet af ‘n wegholsukses met meer as 50 motoreienaars wat hul klassieke vuurwaens kom uitstal.
Eight people were arrested when they vandalised shops belonging to
foreign nationals in Marapong.
Also in May, three high school
pupils were arrested and appeared in the Lephalale Magistrate's court on charges of being in possession of drugs.
Mokopane Squash Club’s Robert Abrahamse puts together an unforgettable squash tournament for Limpopo. The Walk with the Lions tournament sees the country’s top squash players flock to Limpopop to play in towns like Mokopane, Polokwane and Lephalale.

Junie
In Junie is ‘n renosterstroper in ‘n skermutseling met die polisie se veediefstaleenheid doodgeskiet in die Cuberland omgewing.
Ismails Hardware opened the doors of its new superstore in Mokopane offering a one-stop building material and home improvement store.
Mokopane Sakekamer vier sy negentigste bestaans--
jaar met ‘n spogdinee by die Oasis Lodge.
Penny Heyns tree op as gasspreker en die Koch broers, Riaan en Mornay van Gensol word
gekroon as Entrepreneurs van die Jaar.

Julie
In Julie besoek verskeie glans persoonlikhede Lephalale vir die jaarlikse Bosveldfees. Noordelike Nuus gesels met sanger Bok van Blerk en vind dat hy heel tuis in die Bosveld is.
Anél de Vos van Mokopane kwalifiseer vir die derde keer vir die Wêreld biathle kampioenskappe nadat sy ‘n derde plek by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe behaal het.
The Mokopane Business Chamber’s Andy Goetsch and Corinus du Toit meet with Mogalakwena mayor, Thlalefi Mashemaite, to voice their concern over the proliferation of speed bumps in town. They recommend that the R10 000 the municipality spends to build each speed bump rather be used to repair potholes in the town’s tarred roads.
Marken Laerskool se geliefde hoof, Ramond Bronkhorst, sterf kort nadat hy in die hospitaal opgeneem is met long
ontsteking.
Nuus dat varkgriep in Lephalale gediagnoseer is en dat een person moontlik weens die siekte dood is het die gemeenskap op hol.

Augustus
In Augustus word ‘n Nyalabul van Koedoes Rhue in Marken teen ‘n wêreldrekord prys van R1,65-miljoen verkoop by die
Oljaco vangkrale in Vaalwater. Daar is egter later bevestig dat die bul ‘n basterbok is en die transaksie is op ys geplaas.
Die boek Pippie, geskryf deur Colleen Naude en Anice Kruger word bekend
gestel en verskyn heel eerste op winkelrakke in Lephalale.
Mokopane se Tersia Smit wen goud en breek ‘n wêreldrekord toe sy in Durban aan die Wêreld orgaanoorplantingspele deelneem. Tersia het die rekord verbeter in die 50m rugslag en ook tweede plekke behaal in die 100m borsslag en 50m bors- en vryslag.
Dit kom aan die lig dat landbougrond wat in die Mogalakwena munisipale gebied val sedert 2008 met minstens 75% oorbelas word. Tot op hede is daar geen duidelikheid oor hoe die tameletjie opgelos gaan word.

September
In September the news that Umbono Captial hold mining rights to 2000 ha of land which borders Onverwacht has residents worried about the prospect of having a coal mine on their “stoep”.
Anton Fouché van Lephalale kom in Mokopane aan met die lewensgrootte renoster wat hy van Pretoria tot in Musina sleep om fondse in te samel en bewustheid te skep vir die beskerming van renosters.
In September Ivanhoe Mines (formerly Ivanplats) announces that it is proceeding with the sinking of a bulk sample shaft to access the underground flatreef minerals near Mokopane.
Business owners and developers met at the Palm Park Hotel to discuss the fact that no new developments will be linked to the electricity grid until the end of 2015. It was later
announced that power will be available at the end of 2014.

Oktober
In Oktober woed ‘n verwoestende brand vir meer as ‘n week in die Lephalale omgewing. Met min hulp van die munisipaliteit slaag boere daarin om die brand onder beheer te kry.
Die eerste Debtsafe Cansa MTB fietswedren word aangebied in die plek van die jaarlikse Loop van Hoop. Die wedren in die Mokopane Wildteelsentrum is ‘n reuse sukses met fietsryers van regoor die land wat kom deelneem.
Frans en Sandy Troskie oorleef ‘n plaasaanval op hulle plaas net buite Lephalale waar ses verdagtes die huis binnestorm en hulle met messe aanval. Die ses verdagtes is later die week in hegtenis geneem.
Anél de Vos neem deel aan die Wêreld biathle kampioenskappe in Ciprus waar sy ‘n 11de plek behaal. Anél, wat teen heirdie tyd Sprinkbokkleure verwerf het, sê sy hoop om volgende jaar onder die wêreld se top tien te eindig.
Mogalakwena municipal
manager, William Kekana returns to work after he has been illegally suspended three months earlier. Kekana’s return follows a council meeting where the majority of councillors voted to have him reinstated despite pressure from the mayor to keep him ‘suspended’. The week is marred by bogus arrests and intimidation, but Kekana holds his ground despite his office being burgled and all his computers being removed.
A charge of breaking and entering is laid against the mayor.

November
In November thousands of Rands were stolen at ATMs in Lephalale by ATM scammers. The public is warned to be vigilant at all times.
Die Limpopo Veediefstal Forum word by die kantore van Vleissentraal in Mokopane in die lewe geroep. By hierdie stigtingsvergadering stem boere ooreen dat wildsboere ook by hierdie forum ingelyf moet word. Al word hulle nie as wildsboere beskou nie, loop wildsboere ook erg onder diefstal van hul diere deur.
In November Mokopane’s well-known ‘Tyre Man’, John Rapetswa was killed in an incedent of road rage in Mahwelereng.
A march for better service delivery at the Lephalale municipality turns violent as supporters of Lephalale Mayor, Jack Maeko attack march organisers with pangas and sticks.
Boere in die Roedtan-omgewing se plase lê verwoes nadat ‘n windstorm met gepaardgaande hael die gebied getref het. Skade word op miljoene rande bereken en boere moet vir ‘n geruime tyd sonder elektrisiteit oor die weg kom.

Desember
Twenty four shacks were burnt to the ground in Marapong when a
burning candle was left unattended. Most of the owners have already left and will return from their Christmas holidays to find that their belongings have been destroyed.
Oupas en Oumas kuier saam met hul kinders en  kleinkinders by die Piet Potgieter
Monument tehuis se jaarafsluiting. Regs is Mia, Reinhardt en Abby Moolman saam met
Kersvader tydens hierdie saamkuier.
A gruesome find was made early
December when worker at the sewerage plant in Lephalale discovered the body of a 24-week old foetus. The body was without the head
possibly because of an abortion procedure. The
Lephalale police vowed that they would find and prosecute the mother of the baby.
E-Science Associates, die omgewingskonsultant van Sylvania Platinum se beoogte
Volspruit projek kondig aan dat daar openbare deelname vergaderings op 23 Januarie in
Mokopane en 24 Januarie in Mookgophong gehou sal word. Daar is nie gesê waar die vergaderings gehou sal word nie. Skakel E-Science by 082 938 1475.
Personeel van AMT in Lephalale het seker gemaak dat pasiënte van Ellisras hospitaal nie vergeet word nie. Saam met die hospitaalpersoneel is daar geskenkies, kersgroete en wense van beterskap in al die sale uitgedeel.

 

 

 
 

Die nuus van ‘n gru-ongeluk waarin ‘n 11-jarige dogter wees gelaat is het die gemeenskap van Lephalale tot aksie oorgehaal. Binne etlike ure het die mense hulle hart en beursies oopgemaak om te help met Eurika Burger se mediese onkostes
In February the Carte Blanche team visited Lephalale to cover the strike action at Medupi. The team were in the midst of violent protest action where several vehicles were burnt in Marapong
Die Pippie se Gesiggie Fonds wat geld insamel vir brandslagoffers en vir Pippie Kruger se behandeling is ingespan om ‘n vyf-jarige dogtertjie van Northam, Celiwe Maseko te help nadat sy erg gebrand het
In April is drie renosters by Zinyathi lodge in die Steenbokpan-omgewing ge- skiet en is ‘n renoster kalfie wees gelaat.
In Julie besoek verskeie glans persoonlikhede Lephalale vir die jaarlikse Bosveldfees. Noordelike Nuus gesels met sanger Bok van Blerk en vind dat hy heel tuis in die Bosveld is.
Die boek Pippie, geskryf deur Colleen Naude en Anice Kruger word bekend gestel en verskyn heel eerste op winkelrakke in Lephalale.
Frans en Sandy Troskie oorleef ‘n plaasaanval op hulle plaas net buite Lephalale waar ses verdagtes die huis binnestorm en hulle met messe aanval. Die ses verdagtes is later die week in hegtenis geneem.
A march for better service delivery at the Lephalale municipality turns violent as supporters of Lephalale Mayor, Jack Maeko attack march organisers with pangas and sticks.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube