<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Wanneer geliefdes sterf

 
News : 10 Jan 2014 110 Viewed 0

MOKOPANE - Vir Frikkie de Lange en Alta Pitzer is die onderneming van begrafnisse meer as net ‘n werk, dit is iets waartoe hulle geroep voel. “Ná ‘n roudiens en begrafnis voel ‘n mens elke keer emosioneel uitgeput - selfs al ken jy die mense net vir ‘n week. Maar as daardie selfde mense saam met wie jy nou net deur so baie hartseer is aan die einde van die diens vir jou ‘n drukkie kom gee en dankie sê, dan weet jy jy is op die regte plek en besig met die regte werk,” verduidelik Alta.

Beide Alta en Frikkie het vroeër by ‘n ander begrafnisondernemer gewerk, Frikkie was die nasionale besigheid se Limpopo bestuurder en Alta het by die Tzaneen tak gewerk.
In die Bosveld het Frikkie geen bekendstelling nodig nie. Hy is in Tolwe gebore, was vir twee jaar in Hoërskool Piet Potgieter en het aan Kuschke Hoërskool gematrikuleer. Alta kom van Lephalale vanwaar sy na skool eers in Phalaborwa en toe in Tzaneen gaan werk het.
Om El-Shaddai Begrafnisse te begin in ‘n dorp waar daar reeds meer as 30 begrafnisondernemers is, was vir Frikkie ‘n geloofstap. “Ek het die laaste paar jare in die motorbedryf gewerk, maar het ‘n leemte gevoel. Ek het ‘n passie om mense by te staan en deur hul donkerste emosionele tye te help,” gesels hy.
Frikkie het by ‘n onlangse mannekamp met ‘n sakeman van Pretoria hieroor gepraat en die twee het daar en dan met ‘n plan vorendag gekom om El-Shaddai op die been te bring. Frikkie en Alta voel die besigheid stel hulle in staat om mense op hul eie terme te help. “Ons hoef nou nie meer aan ‘n korporatiewe beleid van minimum kostes en kontant vooruit te bepaal nie,” sê Frikkie en voeg by dat die dood geneig is om te kom wanneer mense dit die minste kan bekostig.
Daarom sê hy bied El-Shaddai volledige begrafnisse aan vanaf R3500 en staan hulle naasbestaandes by in die eis van begrafnispolisse. “Ons kan met enige polis help, selfs al is die polis by ‘n ander ondernemer, daardie fondse word direk aan die familie uitbetaal en naasbestaandes is dus nie gebind tot die instansie wat die polis verkoop het nie.”
El-Shaddai kan begrafnisse regoor die Bosveld behartig van Lephalale tot Marble Hall en van Mokopane tot teen die Limpopo rivier. Frikkie en Alta beloof om ‘n persoonlike diens te lewer wat oorledenes en hul geliefdes se menswaardigheid en emosies deurentyd op die voorgrond sal hou. Vir meer inligting skakel vir Frikkie by 083 511 8705.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube