<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Straatname - raadslid maak self plan

 
Korny Dekker besig om self straatname in Mokopane aan te bring, nie net op die randstene nie, maar ook op van die straatbordjies wat erg verniel is of heeltemal afgedop en onleesbaar is.
News : 17 Jan 2014 94 Viewed 0

In meeste dorpe hoop raadslede dat daar dalk eendag ‘n straat na hulle vernoem sal word, maar in Mokopane doen DA-raadslid, Korny Dekker, sy bes om net die bestaande name by die dorp se strate aan te bring.
Besighede, nooddiens en sekuriteitswerkers, en selfs die plaaslike polisie, kla nou al vir die afgelope twee jaar oor Mokopane se straatname wat nêrens te sien is nie. Gastehuiseienaars sê hul besighede ly daaronder.
Verlede jaar het Noordelike Nuus berig op
terugvoer wat die munisipaliteit aan die sakekamer gegee het in die verband. Die munisipaliteit het
beloof om die strate se name direk op die randstene van strate te verf omdat vandale en ysterdiewe die straatbordjies en pale eenvoudig te vinnig breek of steel. Daar het tot op hede egter niks van gekom nie.
Daarom het Dekker hierdie week besluit genoeg is genoeg. “Ek haat verf, meer as enige iemand! Maar ek haat dit meer om in ‘n dorp te woon waar die strate nie name het nie,” sê hy.
Dekker het stensils laat maak en beweeg nou van straat na straat waar hy self eers die randsteen swart verf en dan die naam in wit aanbring.
Hy sê hy sal donasies van swart en wit emalje verwelkom. Hy het sommer voor sy huis op die randsteen ook die straatnaam en die nommer aangebring. Dekker het gevra dat ander inwoners wat dalk self hul strate wil merk hom kontak. Skakel hom by 015 491 5214 of sel: 082 878 1508. - Jasper Raats (jasper@noordnuus.co.za)

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube