<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Jagters laat die skote klap!

 
Jagters moes ‘n “stormende” buffel drie doodskote binne tien sekondes toedien op drie verskillende afstande. Hier is Edwin van Jaarsveld in aksie.
News : 27 Jan 2014 151 Viewed 0

Die Bosveld Jagters en Wild Bewaringsvereniging het Saterdag sy eerste rondomtalie skietdag vir die jaar aangebied. Die opkoms van deelnemers het alle verwagtinge oortref met talle lede en selfs nie-lede wat kom deelneem het.
Diekie Muller het die .22-afdeling gewen terwyl Hannes Niemann die wenner van die Haelgeweer kompetisie was nadat skuts dit in ‘n valbyl rondte moes uitspook vir hierdie prys.
Die lang-geweer kompetisie is ook deur Muller gewen met Dippies Dippenaar tweede en Edwin van Jaarsveld derde. Die dag se pryse is geborg deur Savuti Outdoor.

 

 

 
 

Van links is die wenners van Saterdag se rondomtalie skiet se lang-geweerkompetisie saam met bestuurslede van die Bosveld Jagters en Wild Bewaringsvereniging: Gerhard Nell, Diekie Muller - wenner, Edward van Jaarsveld - derde , BJV voorsitter - Dippies Dippenaar was tweede en regs staan Francois Olivier - BJV ondervoorsitter.
Hannes Niemann het die haelgeweerkompetisie gewen.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube