<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Pippie se Gesiggie Fonds: Valke laat vaar ondersoek

 
Die Krugers in Lephalale tydens bekenstelling van die boek, Pippie. Foto: Dolla Költzow.
News : 07 Feb 2014 282 Viewed 0

Die nuus hierdie week dat die Valke hul ondersoek na bewerings van wanbestuur van die Pippie se Gesiggie Fonds laat vaar het, is met ope arms deur ondersteuners van die Kruger familie
verwelkom.
Die Valke het die aankondiging Saterdag gemaak nadat daar in verskeie nasionale dagblaaie geskryf is dat die saak weer ondersoek gaan word. Die Valke se woordvoerder, Paul Ramaloko, het in ‘n verklaring aan die media gesê dat die ondersoek as afgehandel beskou word.
Die Kruger familie en ook hulle media verteenwoordiger, Lynne Zurnamer, wou nie hierdie week op vrae wat Noordelike Nuus aan hulle gestel het reageer nie. Dit is na wat verneem word in opdrag van prokureurs wat die Krugers se lastersaak teen Media 24, Johan Eybers, Peet Bothma en Lindy Cant behartig.
Die betrokke fonds het betaal toe Isabella (Pippie) Kruger in Junie 2012 baanbreker chirurgie ontvang  het waar haar eie gekloonde vel, wat in ‘n laboratorium in Boston, VSA, gekweek is, op haar brandwonde oorgeplant is.
Sedertdien het die fonds ook betaal om vel te kweek en ‘n oorplanting te doen op Celiwe Maseko, ‘n vyf-jarige meisie van Northam wat ernstig verbrand het toe haar rokkie aan die brand geslaan het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube