<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ongeluk kry haar nie onder

 

Leandri du Plessis (15), beter bekend as Lallie, ‘n leerder by Hoërskool Ellisras en kranige perderuiter, het ‘n noue ontkoming gehad toe die perd waarmee sy gery het tydens ‘n boeresport byeenkoms in Westonaria se long gebars het en oor haar gerol het verlede week.

News : 14 Oct 2016 131 Viewed By Amanda Basson 0

Leandri du Plessis (15), beter bekend as Lallie, ‘n leerder by Hoërskool Ellisras en kranige perderuiter, het ‘n noue ontkoming gehad toe die perd waarmee sy gery het tydens ‘n boeresport byeenkoms in Westonaria se long gebars het en oor haar gerol het verlede week.

“Lallie en die perd, wat aan iemand anders behoort het, het om die draai van die resiesbaan gekom toe die dier ewe skielik onder haar ingee,” vertel Suretha du Plessis, Lallie se ma.

Lallie het onder die perd beland voordat dit oor haar gerol het sonder om aan haar te raak. “Dit is merkwaardig dat ‘n dier wat omtrent 500kg kan weeg bo-oor my kind is sonder dat sy enige ernstige beserings opgedoen het.”

Lallie is na ‘n hospitaal in Krugersdorp geneem waar daar X-strale geneem is en die dokters het bevind dat sy slegs gekneusde spiere en ‘n paar krapmerke opgedoen het. “Ons het haar teruggebring Lephalale toe en weer vir X-strale by die MediClinic geneem net om seker te maak dat sy regtig geen ernstige beserings opgedoen het nie, maar die dokters hier het ook gesê dat sy net vir twee dae by die huis kan bly totdat haar spiere gerus het en dan weer skool toe kan gaan.”

Die ervaring het nie Lallie se liefde vir perdry gedemp nie. Lallie het die betrokke perd al voorheen gery en daar was geen teken dat daar iets met die dier fout was nie. Alhoewel sy hartseer is oor die perd, sien sy uit om gou weer in die saal te wees.

“Ten spyte van hierdie ongeluk kan my kind nie wag om weer op ‘n perd se rug te klim nie, maar sy moet nou eers rus omdat sy sukkel om selfs by trappe op te klim met haar seer lyf,” sê Suretha.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube