<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Juwelier verhoor uitgestel vir verdere getuies

 

Landdros Gerhard Pretorius het Maandag die verhoor van Simoné van Wyk, ’n voormalige juwelier wat tereg staan op 13 aanklagte wat verband hou met die verdwyning van juwele ter waarde van sowat R500 000, uitgestel na 29 November vir verdere getuies.

News : 14 Oct 2016 301 Viewed By Martie Le Grange 0

Landdros Gerhard Pretorius het Maandag die verhoor van Simoné van Wyk, ’n voormalige juwelier wat tereg staan op 13 aanklagte wat verband hou met die verdwyning van juwele ter waarde van sowat R500 000, uitgestel na 29 November vir verdere getuies.

Van Wyk het Maandag in die beskuldigde bank van die Mokopane streekhof gestaan, terwyl twee getuies aan die hof soortgelyke stories vertel het van hulle juweliersware wat by Van Wyk se destydse juwelierswinkel ingegee is vir herstel en nooit aan hul terugbesorg is nie. Sy is reeds in 2014 deur verskeie kliënte van bedrog beskuldig na bewerings dat hulle juweliersware skoonveld verdwyn het nadat dit by haar destydse juwelierswinkel ingegee is.

Die staatsaanklaer Liezl del Frate het aangevoer dat die verhoor uitgestel word vir verdere getuies om hulle saak te stel teen Van Wyk. Pretorius het in die staat se guns besluit op uitstel.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube