<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kyk net so bielie van 'n luislang!

 
News : 21 Oct 2016 462 Viewed By Amanda Basson 0

BULGERIVIER – Marius Koekemoer van Reptile Rescue het ‘n bielie van ‘n Afrika rotsluislang gevang nadat dit ‘n boerbok op ‘n plaas buite Bulgerivier verorber het.
“Ek weet nog nie verseker hoe lank die slang is nie omdat ek dit nog nie gemeet het nie maar ek skat dat dit omtrent 4,3m lank kan wees,” sê Marius.
Die Bulgerivier polisie het Marius gekontak nadat die slang een van die plaaswerkers se boerbokke gevang het en toe in ‘n erdvarkgat gaan lê het. “Dit was omtrent ‘n gespook om die slang uit die gat uit te kry omdat ek te groot was om in die gat te pas en ons een van my werkers, Daniel Gano, kop-en-skouers in die gat moes afsak om die slang uit te trek.”
Die feit dat die slang se stertpunt af is, het dit nog moeiliker gemaak om vatplek aan die groot reptiel te kry.
“Ek was baie beïndruk met die Bulgerivier polisiemanne en is veral bly dat hulle nie besluit het om die slang dood te maak nie. Mense besef nie dat hierdie luislange op die bedreigde spesie lys is en daar ‘n swaar boete of selfs tronkstraf wag vir enigiemand wat skuldig bevind word van die opsetlike doodmaak van die Afrika rots luislang nie.”
Volgens Marius het hulle die laaste tyd baie luislange gevang en Maandag sommer twee in een aand.
“Ek wil net alma­l herinner dat Reptile Rescue afhanklik is van die fondse wat ons van die publiek ontvang. Ons trek veral gedurende wintermaande baie swaar en is dankbaar vir enige donasie wat ons ontvang om ons te help om ons werk voort te sit.”
Reptile Rescue se bankbesonderhede is Standard Bank, Lephalale, banknommer 333 261 658 as enigiemand ‘n donasie wil maak.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube