<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gaan kuier sommer hier...

 
Lifestyle/Leefstyl : 19 Dec 2016 855 Viewed By Amanda Basson 0

LIMPOPO – Die kostes verbonde aan ‘n wegbreek vakansie is vir sommige mense onbekostigbaar, maar met ‘n bietjie kreatiwiteit kan ‘n vakansie by die huis net so lekker wees. Hier is ‘n paar plekke om te besoek naby Lephalale en Mokopane.
Mokolo dam sowat 50 km buite Lephalale op die ou Thabazimbi pad en die immergewilde Doorndraaidam ongeveer 40 km buite Mokopane is die ideale plekke om te gaan besoek as jy wil gaan visvang. Mokolo dam is onlangs tot ‘n nasionale sleutelpunt verklaar en het skoon ablusiegeriewe, braai areas en kampplekke. Die grondpad is egter nie regtig geskik vir kleiner voertuie nie en jy moet jou eie kampstoele saam vat. Hengelaars by Doorndraaidam het die afgelope tyd tamaai groot karp gevang wat dit beslis die moeite werd maak vir ernstige hengel.
As Mokolo dam nie genoeg is nie kan mense ‘n draai by Tog Te Lekker sowat 22km buite Marken maak. Daar is netjiese chalets, ‘n swembad en braai geriewe, maar die groot trekpleister is die Palalarivier waar jy rustig kan sit en visvang.
Balke Toe is sowat 10km op die Markenpad uit en beskik oor waterglybane, ‘n swembad en ‘n paar plaasdiere vir die kleinspan om te geniet.
Die Plaashek is ‘n nuwe plek wat onlangs oopgemaak het net ‘n katspoegie uit op die Steenbokpanpad. Daar is ‘n swembad, kroeg en braaigeriewe.
Vir diegene wat net vinnig iets soek om die kleinspan te vermaak is Die Pot by Lephalale Square ‘n goeie idee. Vir R25 kan die kleintjies hul eie koekies bak en versier om huis toe te neem vir ouma en oupa.
In Mokopane kan mense gerus ‘n draai by die Dros restaurant maak waar kinders hul eie pizzas kan maak.
Die Bouncy Croc krokkodilplaas net buite Mookgophong op die Markenpad beloof om groot pret te wees vir oud en jonk. Besoekers kan hul vergaap aan die krokkodille en daar is ook ‘n waterpark om in af te koel.
Die Makapansgrotte is ‘n erfenis gebied waar belangrike argeologiese ontdekkings gemaak word. Alhoewel die grotte nie so indrukwekkend soos sommige ander grotte in Suid Afrika is nie, is dit nog steeds ‘n area wat bygedra het tot die ontdekking van interessante geskiedkundige fondse. Skakel 014 736 4328 vir navrae.
Die Arend Dieperink museum is oorspronklik gebou as ‘n skool, maar bevat deesdae belangrike besienswaardighede wat die geskiedenis van die dorp weerspieël. Die museum is gelee in 97 Thabo Mbekistraat, Mokopane. Skakel gerus 015 491 9735.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube