<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Baie vrae na Herfswoonstelle inwoner se dood

 
News : 26 Oct 2017 1868 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE – Die liggaam van ‘n bejaarde vrou is gisteroggend, 25 Oktober, gevind nadat daar by haar Herfsland woonstel ingebreek is. Limpopo polisiewoordvoerder Lt kol Moatshe Ngoepe sê dat ‘n nadoodse ondersoek aangevra is om die oorsaak van die vrou se dood te bepaal.

Dit blyk dat die inbreker/s toegang tot die woonstel gekry het deur die dalk en dat ‘n TV en twee selfone gesteel is. “Ons kan nie op hierdie stadium sê of die vrou vermoor is of nie, ons is tans besig met ‘n volledige ondersoek,” het Lt.kol. Ngoepe bevestig.

Herfsland en Soetdoring woonstelle word deur bejaardes bewoon en behoort aan die Mogalakwena Munisipaliteit.

Die DA het Woensdag ‘n persverklaring uitgereik waarin die party hul skok en kommer oor die voorval uitspreek. Hulle noem dat raadslid Yolande Coetzee reeds in April ‘n verslag aan die munisipale bestuurder oorhandig het rakende die sekuriteit van die woonstelle. Coetzee het ‘n vergadering met die munisipale bestuur aangevra om die saak te bespreek.

Intussen het die Vryheidsfront Plus se Marcelle Maritz met sekuriteitsmaatskappye SOS en Suricat gereël om die woonstelle te patrolleer.

Die Mokopane Besigheidskamer het hul bereidwilligheid uitgespreek om te kyk hoe hulle kan bydra tot die verbetering van die woonstelle se sekuriteit.

NG Hulp en Hoop sal die week berading beskikbaar stel aan die geskokte inwoners van die woonstelle.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube