<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Eksamen skryf is harde bene kou

 

“As ek nog een keer moet hoor ek moet hard leer want dit is vir my eie beswil, gaan ek skree,” ... só het ek telkemale gevoel, veral in matriek. Dié cliché raak afgesaag maar tog hoor skoolkinders dit tot vervelens toe. Kinders moet tog besef dat sy of haar prestasie op akademiese vlak gaan bepaal waar hy of sy hulself eendag gaan bevind. 

Rubrieke / Columns : 28 Oct 2016 1528 Viewed By Martie Le Grange 0

“As ek nog een keer moet hoor ek moet hard leer want dit is vir my eie beswil, gaan ek skree,” ... só het ek telkemale gevoel, veral in matriek. Dié cliché raak afgesaag maar tog hoor skoolkinders dit tot vervelens toe. Kinders moet tog besef dat sy of haar prestasie op akademiese vlak gaan bepaal waar hy of sy hulself eendag gaan bevind.

Die matriekeksamen het dié week afgeskop in alle erns. Leeglê gaan mens duur te staan kom, daarom is die volgende paar weke matrikulante se laaste kans om leerstof ten volle te benut want dit gaan immers bepaal wat die toekoms vir elkeen van hulle inhou. En so herhaal die gewilde cliché homself, dié keer met ’n woord skommeling. “As ek op skool geweet het wat ek vandag weet dan het ek baie meer tyd agter my skoolboeke spandeer,” sê ek vandag vir myself en ek leer dit ook vir my eie kinders al het ek dit op skool as preek beskou. Ek is nie hoogsgeleerd nie, maar is verewig dankbaar vir al die geneul om my te kry om hard te leer.

Aanvaar dit maar, eksamen skryf is harde bene kou en harde werk lewer goeie resultate. Hoewel dit stresvol mag wees om ’n skoolloopbaan te voltooi is dit ook ’n tyd van opwinding oor wat die toekoms inhou.

Vasbyt matrieks!

Volgens Dr. Naledzani Rasila van die departement van onderwys in Limpopo is julle deel van die 110 257 Graad 12 leerders in die provinsie wat vanuit 1 699 eksamen sentrums oor die provinsie julle kennis op papier neerlê. Julle het dit sovêr gemaak; is oor die hond se stert en behoort eersdaags die volwasse wêreld te betree. Geniet elke oomblik en maak die beste daarvan!

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube