<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS presteer by Waterberg Distrik prysuitdeling

 

Barbara Emslie het trofees ontvang vir die beste vakprestasies in Afrikaans 91% en Informasie Tegnologie 94%. Sy ontvang ook ‘n trofee vir die 5de plek op die top tien leerders in die Waterbergdistrik.

School : 19 Jan 2017 1641 Viewed By Fransa de Beer 0

BELA BELA - Hoërskool Ellisras se Graad 12 leerders het puik presteer tydens die Waterberg Distrik Prysuitdeling wat in Bela Bela gehou is op 13 Januarie 2017.

Barbara Emslie het trofees ontvang vir die beste vakprestasies in Afrikaans 91% en Informasie Tegnologie 94%. Sy ontvang ook ‘n trofee vir die 5de plek op die top tien leerders in die Waterbergdistrik.

Cara van Heerden ontvang trofees vir die hoogste vakprestasie in die distrik vir die vak Ingenieurs Grafieka en Ontwerp 92% en sy beklee die 10de posisie op die top 10. Die kompetisie is geweldig as mens net daaraan dink dat sy 95% vir Rekeningkunde behaal het maar die nie beste leerder in die distrik is nie. Cara het ook ‘n ekstra vak Gevorderde Program Wiskunde waarvoor sy 90% gekry het.

Karli van Blommestein word aangewys as die beste leerder in die vak Lewensoriëntering.

Barbara gaan medies studeer in Pretoria, Cara gaan Chemiese Ingenieurswese studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en Karli studeer B Pharm aan die Noord Wes Universiteit.

Daar wink ‘n blink toekoms vir nie net hierdie leerders nie maar ook vir al die leerders van Hoërskool Ellisras wat tersiêr verder gaan studier.

 

 

 
 

Cara van Heerden ontvang trofees vir die hoogste vakprestasie in die distrik vir die vak Ingenieurs Grafieka en Ontwerp 92% en sy beklee die 10de posisie op die top 10. Die kompetisie is geweldig as mens net daaraan dink dat sy 95% vir Rekeningkunde behaal het maar die nie beste leerder in die distrik is nie. Cara het ook ‘n ekstra vak Gevorderde Program Wiskunde waarvoor sy 90% gekry het.

Karli van Blommestein word aangewys as die beste leerder in die vak Lewensoriëntering.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube