<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rekords spat by EHS se interhuis

 

Juffrou Linda Aucamp is baie trots op Loutjie!

School : 24 Jan 2017 2524 Viewed By Fransa de Beer 0

Hoërskool Ellisras het Vrydag 20 Januarie ‘n hoogs suksesvolle interhuis atletiekdag belewe op ‘n kenmerkende kokende warm somersbosvelddag wat vyf gebreekte rekords opgelewer het.

Loutjie Steenekamp (hoofseun van Hoërskool Ellisras) breek Albert Jordaan (ook hoofseun 2012) se s o/19 400m hekkies rekord van 2012 wat verbeter word van 57.75 na 56.00s. Loutjie hardloop ook dieselfde tyd in die 200m as W Loots in 1971 met ‘n tyd van 22.50s. Conrad Prinsloo verbeter die s o/16 gewigstoot rekord van 13.58 na 14.00m.

Die o/14 atlete presteer uitmuntend. Dries du Preez s o/14 verpletter die diskusrekord van 34.00m na 43.72. Met hierdie poging verdien hy 1010 punte op die ASA puntetabel. Jan du Plessis en Vincent Makgae verbeter die 300m hekkies rekord van 49.50s na Jan 44.30s en Vincent 48.90s.

Die Junior Victirx Ludorm van die dag is Bianca Nel en senior Charnè Vosloo. Die Junior Victor Ludorm is Dries du Preez en Senior Louthie Steenekamp.

Die top 10 seunstellings volgens ASA is 1. Dries du Preez o/14 se 1010 ASA met sy diskus. Loutjie beklee nommer 2, 3, 6 en 7! Hy verdien 832 ASA vir hekkies s o/19 110m, 809 ASA vir die 200m, 773 ASA vir 400m hekkies en 772 ASA vir 400m. 4 is Conrad Prinsloo met 794 ASA s o/16 gewigstoot. Ook vier is Johan J v Niewenhuizen s o/16 gewigstoot. Vyf is Neil Steenekamp 775 ASA s o/16 hoogspring. Ook vyf is Divan Geldenhuys s 0/16 hoogspring, agt is Gerrie Blom 765 ASA  s o/17 verspring, nege H Snyman 764 ASA s o/16 100m en 10 is Jan du Plessis s o/14 764 ASA 200m.

Dogters top 10: 1 Bianca Nel 742 ASA d o/15 verspring, 2. Charnè Vosloo d o/17 719 ASA 100m, 3. Mosebudi Matsoma d o/16 verspring 714 ASA, 4. Charnè Vosloo 709 ASA verspring, 5 Charnè Vosloo 673 ASA 200m, 6. Bianca Nel d o/15 100m 669 ASA. 7 Mosebudi Matsoma d o/16 666 ASA 200m. 8. Mosebudi Matsomi 664 ASA 100m, 9 Rianza Gouws d o/16 gewigstoot 663 ASA. 10. Janu Peter d o/14 verspring 653 ASA.

Tydens die prysuitdeling het Neil Steenkamp ‘n kontanttoekenning en trofee ontvang vir beste prestasie hoogspring. Loutjie ontvang ‘n trofees vir beste hekkies prestasie, beste 400m atleet en beste prestasie naellope. Murangi Mulaudzi is beste prestasie 1500m, Dries du Preez beste prestasie veldnommers. Janco Lotter beste prestasie spiesgooi, Conrad Prinsloo beste prestasie gewigstoot. Anika van Rooyen beste prestasie dogtersmiddelafstande, Nico Snyman beste prestasie seuns middelafstande.

En so  het die eerste van baie atletiekbyeenkomste van hierdie jaar baie suksesvol en sonder ernstige beserings verloop.

 

 

 
 

EHS se nuwe o/14 sensasie met 1010 ASA punte vir diskus: Dries du Preez.

Loutjie Steenekamp.

Van links is Makgae Vincent en Jan du Plessis, wat die 300m hekkies rekord gebreek het, en Maynhard du Plessis.

Loutjie Steenkamp.

 

Bianca Nel.

Nico Snyman.

Neil Steenkamp​.

Charnè Vosloo.

Conrad Prinsloo.

Larissa Nel.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube