Searching for "" in "News"

 

Piet Pot se uitblinkers word vereer

News: 18 October 2013
Hoërskool Piet Potgieter het verlede Woensdagaand sy top akademiese-, kultuur- en sport presteerders vereer tydens die skool se Lourier prysuitdelingsfunksie.

Voetspore na môre

News: 18 October 2013
Limpotainment en Mej. Kierieklapper 2013 (Zelmarie Bacher) het vroeër die maand kragte saamgesnoer en ‘n heerlike oggendtee met die tema, Voetspore na môre, ten bate van KANSA en die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes in Mokopane gereël. Vroue uit die Mokopane-gemeenskap het as gasvroue opgetree vir die sowat 130 tafels wat pragtig gedek by die Bejaardes.

So rol die Rassies!

News: 18 October 2013
Ellisras Hoërskool het hierdie jaar met sy revue van die gewone format afgewyk en ook items ingesluit met onderwy-ser-akteurs en Hansie en Grietjie Kleuterskool se 12-30 maande groepie. Mens kan beswaarlik glo dat sulke jong kindertjies afgerig kan word en sowaar luister. Dit was ‘n vertolking van toeka tot nou wat van Woensdag tot Vrydag te siene was. Die tema van die revue was: “Dis hoe ons rol”.

Countrydag en dans

News: 18 October 2013
Die Boeremusiek Gilde Potties-Tak bied op 26 Oktober 2013 ‘n country dag en dans by die Squirrels Nest Saal regs op die Naboomspruitpad aan. Orkeste, plaaslike kunstenaars en musiek beloof om feesgangers vanaf 12:00 tot 23:00 te vermaak. Die dans begin 18h00. ‘n Spitbraai, pap,slaai en sous gaan te koop wees so bespreek vroegtydig om telleurstelling te voorkom. Belangstellendes kan vir Kobus by 082 564 4668 of Werner by 079 6422 548 skakel vir meer besonderhede.

Argeologie bevestig Bybel se betroubaarheid

News: 18 October 2013
In antieke Babilon het die magtige koning Nebukadnesar ‘n droom van ‘n reuse beeld gehad wat uit vier metale bestaan het. Die profeet Daniël verduidelik dat die vier metale die vier antieke beskawings voorstel: Babilon, Medo-Persië, Griekeland en Rome. ‘n Opgewonde argeoloog staan by die Echmountempel in Libanon waar argeoloë die ruïnes van al vier hierdie koninkryke in volgorde ontdek het. Woensdag 23 Oktober en Woensdag 30 Oktober om 18:00 kan u nog baie meer bevestiging oor die betroubaarheid van die Bybel kom ervaar by die Sewendedag-Adventiste Kerk, Pretoriusstraat 112, Mokopane.

Mokopane sakekamer jaarafsluiting

News: 18 October 2013
Die Sakekamer nooi lede vriendelik uit na die jaarafsluiting op 24 Oktober by Moorddrift. Lede moet hul piekniekmandjie en drinkgoed bring. Daar sal vuur beskikbaar wees vir die wat wil braai. Piekniekmandjies kan ook bestel word by Sanel Honiball (The Honey Ball), skakel haar vir u bestelling by 072 634 2219. Daar sal ook ‘n spreker wees. Verrigtinge begin om 17:00 by die Nylrivier Boskamp Lapa. RSVP asb. voor of op 23 Oktober 2013 by die Sakekamer kantoor 015 491 8458 of epos na mokopane.bti@mweb.co.za.

MDA students shine

News: 18 October 2013
Ten students from the Mokopane Destiny Academy (MDA) took part in the All Africa Student Convention for ACE private schools, which was held at the University of the Free State during the September school holidays.

Vonke spat oor Volspruit

News: 11 October 2013
Emosies het verlede Vrydag hoog geloop toe Sylvania Platinum se aangestelde omgewingskonsultant, Theo Fischer van E-Science Environmental, met belangegroepe vergader het oor die myngroep se planne om ‘n oop groef platinummyn langs die Nyl-vloedvlakte te ontwikkel. Noordelike Nuus se Jasper Raats het die vergadering bygewoon.

Will new road help lessen accidents

News: 11 October 2013
President Jacob Zuma arrived hand in hand with Limpopo premier, Stan Mathabatha and transport minister, Dipuo Peters at the University of Limpopo’s Oscar Mpethe Stadium for the official road opening of the R81 between Polokwane and Giyani on Tuesday.

Companies withdraw from Rhino project

News: 11 October 2013 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - The Lenaka la Tshukudu-project which aims to raise awareness and raise funds for Rhino conservation was dealt a blow this week when four companies announced their withdrawal from the project with immediate effect citing differences in opinion regarding the financing of the project as the reason.

Vandals responsible for stink

News: 11 October 2013 By Valerie Cilliers
The now somewhat notorious sewage pump station near Church Street had residents up in arms this week as raw sewage once again flowed down Hendrik Pistorius Street and onto Albert Street where informal traders and residents had to walk through the smelly sludge.

Rapist behind bars for good

News: 11 October 2013
Last week Friday, Zacharia Selowa (24) from Mankweng received seven life sentences and 130 years’ imprisonment on 12 counts of rape, five counts of robbery and one of kidnapping in the Mankweng Regional Court. He attacked and raped eleven University of Limpopo students and a 14-year-old minor just a month after being granted bail for raping a 32-year-old woman. Between March and October 2012 Selowa would wait for students going home, threaten them with a knife and then force them to the local cemetery before violently raping them and robbing them of their belongings. Selowa’s victims were 18 and 19 years old. “One of the University students was kidnapped and raped repeatedly for a day before she managed to flee through a window of a disused house.” said police communication officer, Hangwani Mulaudzi. Convinced that they had a suspect, since the perpetrator was already under their radar, the police obtained an order to acquire DNA from Selowa. The DNA evidence linked Selowa to the 12 rape cases.

Mokopane kennisgewing

News: 11 October 2013
Daar sal op Maandag 14 Oktober om 17:00 ‘n Gemeenskap Konsultasie Forum oor munispale tariewe by die munisipale kantore in Mokopane gehou word. Alle inwoners is welkom om dit by te woon.

Die swembad is oop!

News: 11 October 2013
Die Mokopane munisipale swembad het verlede Saterdag stil-stil oopgemaak vir die publiek. Die swembad is nou al vir jare toe vir die publiek, eers vir ‘n opgradering en toe vir ‘n reeks redes wat die munisipaliteit elke keer voorgehou het wanneer Noordelike Nuus navraag gedoen het. Maar die nuwe swembad superintendent, Oscar Kganyago, sê hulle is nou gereed. Die swembad is Maandae tot Saterdae oop tussen 10:00 en 18:00 en van 14:00 tot 18:00 op Sondae. Toegang kos R9 per persoon.

DLU maak skoonskip by kongres

News: 11 October 2013
Potgietersrus DLU is tydens die onlangse TLU-SA kongres aangewys as die beste Distrikslandbou unie van die jaar.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube