Searching for "" in "News"

 

Grafbesoekers vrees vir veiligheid

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
LEPHALALE- DA raadslid, Astrid Basson het hierdie week die nuwe begrafplaas in Lephalale besoek nadat klagtes ontvang is oor die groot aantal plakkers wat water uit krane daar gebruik om wasgoed te was en te bad.

Nutsman het hulp nodig

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Die Lephalale gemeenskap se hulp word gevra rakende die mediese koste van Pieter Opperman of Pieter Handyman soos wat hy in die dorp bekend staan.

Minister van Polisie moet (weer) opdok

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Die Noord-Gauteng Hooggeregshof het verlede Donderdag gelas dat die Minister van Polisie R220 000 skadevergoeding aan ‘n man moet betaal wat ‘n Junie 2010 onregmatig by die Beitbruggrenspos gearresteer en aangehou is.

Trial to start for six children in stoning case

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
The six children, who stand accused of murdering three orphans by stoning them to death, will start their trial on Monday, 25 February. The trial will take place in the Mokopane Regional Court.

Hardekool gee om vir diere

News: 22 February 2013
Hardekool Akademie se kleuters het Woensdag die DBV in Lephalale besoek om hond- en katkos wat hulle hierdie jaar ingesamel het daar af te lewer en om self te sien watter belangrike werk die organisasie verrig. Leerder het ook stertjies tydens klastyd gemaak om mekaar te herhinder aan die belangrikheid van dierebeskerming.

Keep Lephalale clean

News: 22 February 2013
Joshua Hlapa, director of waste management at the Lephalale municipality says his biggest challenge this year is to get businesses and residents of Lephalale excited about recycling and minimizing waste. Hlapa invites the community to participate in the recycling initiative launched by the municipality last year. The blue bag project allows residents to separate recyclables which will then be collected by the municipality. Alternatively local recycling companies can also be contacted. In Lephalale contact NETAU Recycling on 074 125 7775. In Marapong contact Malebana Recycling on 0724083440 or Lehumo Recycling on 073 771 7164. In the rural areas contact Basadi Bakopane on 083 490 6270.

Facebook kan jou in die sop laat beland!

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Die spreekwoord, “kennis is mag” het ‘n daaglikse realiteit vir die gemeenskap van Lephalale geword. Sedert die Medupi stakings middel Januarie dreig om dié Bosveldgemeenskap in chaos te dompel word Facebook blaaie gereeld deur die publiek nagegaan om soveel moontlik inligting in te win.

Piet Pot hou Valentynsdans

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Op die vooraand van Valentynsdag verlede week het Hoërskool Piet Potgieter sy jaarlikse Valentynsdans by die skool aangebied ter fondsinsameling vir die matriek afskeid. Die skoolterrein rondom die saal is versier met liggies en kerse in reuse blakers en lanterns. Silwer sterre is met rooi linte aan die bome gestrik en paartjies kon deur ‘n wit tuinboog na die saaldeure toe stap.

Herfsland hou boere-opskop

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Bafa begrafnisdienste het Saterdag ‘n lekker boere-opskop en braai vir die bejaardes van Herfsland woonstelle in Mokopane aangebied. Twee Herfsland inwoners, Oom Willie en Tannie Helena Nel, het gereel dat die inwoners slaai maak met die bestanddele wat deur Johan en Hannie Pienaar van Bafa geborg is. Vleis vir die braai is teen kosprys verskaf deur Meat City en so ook die blomme wat deur Saludel blommewinkel verskaf is. Die Waterberg boere-orkes het kom musiek maak. Hannie Pienaar sê dit is maar deel van Bafa se manier om met die gemeenskap se bejaardes te kuier en gewaardeer te laat voel. “Ons bied ook elke einde van die maand ‘n funksie aan vir nuwe lede van die Dienssentrum vir bejaardes en deel dan presentjies aan ‘verjaardagmaatjies’ uit,” sê sy.

A super day for lucky couple

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
On Valentine’s Day the Rotary Club of Potgietersrus took lucky draw winners, Jannie and Anita Smith, for their day of being spoilt rotten. Starting with breakfast at Maxi’s Restaurant, they were then driven in a brand new Nissan Quashquai generously provided by BB Auto to the airfield for a flight in a micro light aircraft. After this...

Sjampanje ontbyt vir Valentynsdag

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Die dienssentrum vir bejaardes in Mokopane het sy lede met ‘n sjampanje ontbyt bederf vir Valentynsdag. Die eetsaal is verfraai met rooi en wit versierings en Die Oog Aftreeoord se koor het as gaskunstenaars tydens die ete opgetree.

Slypskool vir Bossie rugbyspelers

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Deur Leonard Vorster Die afgelope naweek het Laerskool Bosveld Primary ‘n rugby-kliniek aangebied met die hoofdoel om die seuns se vaardighede te verbeter. Die bekende afrigters van Pretoria, Jaco Snyman en Lukas Keet, was in beheer. Daar was ongeveer 200 seuns wat aan die kliniek deelgeneem het. Laerskool Bosveld Primary wil graag vir LA Sport en Hi-Q bedank vir die borg van kos vir die seuns. ‘n Spesiale woord van dank aan Martin Verwey en Andrè Lötter vir hulle groot aandeel in die reël van die kliniek. Elke afrigter, ouer en kind wat die twee dae bygewoon het, word ook bedank. Daar word uitgesien na ‘n goeie rugbyseisoen vir die Bossies.

Potties se bestes mik vir Limpopo

News: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Hoërskool Piet Potgieter se atlete het hulle Saterdag goed van hul taak gekwyt toe hulle aan die distriksatletiekuitdunne vir die Limpopo span deelgeneem het. Die top tien presteerders vir die dag was: Soretha Kruger 0/16 D diskus (33.24m), Simoné van Wyk o/19D 400m H (68.09s), Peter Tau o/19S 1500m (4m15.19s), Marnus Uys o/15S 100m (11.38s), Sulize van Rooyen o/17D 3000m (11m59.37s), Nita-Mari Nel o/17D Gewigstoot (10.39m), Ashley Coleman o/15D Gewigstoot (09.52m), An-Marie Vorster o/17D Diskus (28.54m) Khutso Molekwa o/19S 5000m (17m12.03s) en Gracious Shika o/15D 400m (64.00s).

R2bn for FET students

News: 15 February 2013 By NoordNuus reporter
Government will this year increase funds allocated to Further Education and Training (FET) college students to R2-billion, President Jacob Zuma announced on Tuesday. Zuma made the announcement during his visit to the Tshwane South Further Education and Training College’s Odi Campus in Mabopane.

Weerlig eis 17 beeste

News: 15 February 2013 By NoordNuus reporter
‘n Weduwee wat van pensioen afhanklik is het verlede Maandagnag groot skade gely toe 17 van haar 24 beeste deur weerlig doodgeslaan is. Annetjie van der Walt, wat in die Marken omgewing boer, het Dinsdag-oggend op dié toneel afgekom. Die beeste het vermoedelik onder bome skuiling gesoek toe swaar weer die aand opgesteek het. Daar is geen kragdrade daar naby nie en die enigste verduideliking is dat die diere deur weerlig getref is.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube