Tweede Van Rensburg-begrafnis bring hartseer
News:
09 July 2012
By Jasper Raats
Gloudien van Rensburg (65), vrou van die vermoorde boer, Johan van Rensburg, van Baltimore is Donderdag in die Mediclinic Limpopo oorlede. Sy is op 20 Junie drie keer geskiet tydens ’n aanval waarin haar man, Johan (77), doodgeskiet is. Gloudien se begrafnis sal Donderdag 12 Julie om 11 uur plaasvind by die NG Kerk Suid in Mokopane.