News:
27 February 2012
By Jasper Raats
MOKOPANE - Vir 37 jaar lank het Gertrude Dove (Rude) de Klerk by Laerskool Krugerpark skoolgehou vir Graad eentjies en tweetjies. Skoolhou was haar lewe, maar sy het verlede week haar lang dapper stryd teen kanker verloor.
Sy het in 1970 aan Middelburg Hoërskool gematrikuleer en het tussen 1971 en 1974 onderwys aan die Potshefstroom se Universiteit studeer voor sy in Januarie 1975 by Laerskool Krugerpark begin skoolhou het.
Juffrou Rude, soos almal haar geken het, het ‘n passie vir kuns gehad en was tot onlangs betrokke by jaarlikse kunswedstryd wat by die hoërskool aangebied is. Sy was besonder lief vir toneel en konsert.
Sy laat haar man, Gerhard, twee seuns en vier dogters na.