Searching for "" in "News"

 

Neem ‘n oupa en ouma aan

News: 17 February 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - “Neem ‘n oupa en ouma in Ellisras aan” is die inisiatief van Linda Rocher, ‘n inwoner van Lephalale met ‘n hart vir bejaardes. Linda het die Facebook groep in Januarie begin om inwoners aan te spoor om uit te reik na bejaardes in die gemeenskap. “Daar is ons dorp baie bejaardes wat bedags alleen by die huis en baie eensaam is. Hulle het geselskap nodig en iemand wat omgee. Iemand wat hulle soms dorp toe kan vat om inkoppies te doen of dokter toe wanneer dit nodig is. Selfs in die ouetehuis is daar mense wat nooit kuiermense kry nie. Hulle het wel geselskap maar nie iemand wat spesiaal vir hulle kom kuier nie.” Die groep moedig mense aan om betrokke te raak by die Maroela oord deur vir ‘n huis verantwoordelikheid te neem. “Ek besoek gereeld huis Bokmakierie om te hoor waar ek kan help, ons soek mense om by ander huise betrokke te raak om te bepaal wat die behoeftes is, verjaarsdae te onthou en gereeld te besoek. Inwoners van Lephalale wat betrokke wil raak kan Linda skakel by 083 653 2095. Almal is ook welkom om ‘n bekenstellings vergadering by te woon by Agape gemeente se kerksaal in Peter Mokaba straat, Donderdag 18h00.

DA's 14 Feb memo to the premier

News: 16 February 2012
Memorandum of Demand submitted to the Office of Premier Cassel Mathale. Handed over by Desiree van der Walt, (MPL) on behalf of the Democratic Alliance, Limpopo.

"Boere is te mak," - Mbeki

News: 10 February 2012 By Valerie Cilliers
Boere moet Cosatu se hulp inroep en die regering konfronteer oor sy grondbeleid. Dit was die mening van politieke ontleder en ekonoom, Moeletsi Mbeki by hierdie jaar se 22ste herdenking van oud president FW de Klerk se 2 Februarie 1990 toespraak, wat in Kaapstad aangebied is.

"Voetsek," mayor screams!

News: 10 February 2012 By Jasper Raats
The ongoing battle for the political control of the Mogalakwena Municipality in Mokopane took an interesting twist this week when the mayor lashed out at a representative from the local sheriffs office when he delivered a court order during a special executive committee meeting.

Als onder beheer by Lephalale weermagbasis

News: 10 February 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD) se opleidingseenheid in Lephalale was verlede week in die spervuur toe dit in die media aan die lig kom dat ouers ontevrede is oor die iname prosedures by die eenheid.

Laerskool Kruger Park kring atletiek

News: 09 February 2012 By Jasper Raats
Tydens Saterdag se kring atletiekbyeenkoms by Laerskool Kruger Park het die Krugies hul goed van hul taak gekwyt. Goeie sportseuns en dogters wat hulle is, het die Krugies hulle besoekers met gasvryheid op hul velde ontvang terwyl hulle op die baan en veld vir 'n titaniese stryd gesorg het.

Nog 'n platina myn oppad!

News: 09 February 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Mynwese entrepreneur, Robert Friedland, het hierdie week tydens die mynwese indaba in Kaapstad lig op die Ivanplats projek gewerp.

Inbrekers met gholfklere betrap

News: 09 February 2012
MOKOPANE - Drie inbrekers wat die Potgietersrus buiteklub se gholfwinkel in Januarie besteel het, is hierdie week danksy goeie polsiewerk vasgetrek en meer as die helfte van die gesteelde goedere is teruggekry.

Pottiekaners oefen fluks!

News: 09 February 2012 By Jasper Raats
Hoërskool Piet Potgieter se atlete mis nie ‘n enkele geleentheid om hul vaardighede en vernuf vir Interhoër te slyp nie. Hulle het Saterdag in Louis Trichard deelgeneem en neem Vrydag (Vandag) deel teen Nylstroom en Saterdag (more) aan die area byeenkom op Hoërskool Hans Strijdom se velde in Mookgophong. Die skool se top tien atlete sien tans soos volg daaruit: Soretha Kruger o/15, Simoné v Wyk o/17, Kagiso Magongoa o/17, Ashley Coleman o/14, Thabang Posa o/19, Gerald Kekana o/19, Solly Mokwena 0/19, Nita-Marie Nel o/16, Carmen Badenhorst o/19 en James Marais o/19.

Kunstenaars sak toe op Ellisras vir Pippie!

News: 09 February 2012 By Helena Raats
Arno Jordaan is die nuutste kunstenaar om sy steun agter die Konsert vir Pippie te gooi. Op 18 February gaan Bobby en Karlien van Jaarsveld, Karen Ferreira, en Arno by die Mogol Sportsaal kom konsert hou ten bate van Isabella Kruger. Kaartjies is spotgoedkoop teen slegs R80 per volwassene - kom geniet die aand en dra by tot 'n goeie saak!

Council side steps mayor

News: 09 February 2012 By Jasper Raats
LEPHALALE - No-one can accuse the Mayor of Lephalale, Johanna Mojela of being fickle. Mojela stood in front of a packed council chamber at a recent council meeting and refused yet again to sign newly appointed Municipal Manager, Bob Naidoo’s letter of appointment.

Mikayla by die huis!

News: 09 February 2012 By Helena Raats
LEPHALALE- Dapper klein Mikayla Robbertse wat net voor Kersfees verlede jaar deur ‘n Mosambiekse spoegkobra in haar bed gepik is, is weer terug op eie bodem. Mikayla is Saterdag by die Palm Park Hotel met ope arms en geskenke deur inwoners van Lephalale verwelkom.

Entabeni staan by bestuurder

News: 09 February 2012 By Jasper Raats
Die Reservaatbestuurder van die spog privaat natuurreservaat, Entabeni, Jan Louis Lessing (58), het verlede Donderdag in die Naboomspruit-landdroshof verskyn op klagte van die besit van renosterhorings en olifanttande.

Rassies laat die rekords spat!

News: 09 February 2012 By Jasper Raats
Verskeie rekords is verlede week by Ellisras Hoërskool se interhuis atletiek byeenkoms gebreek.

SMS vir plaasmoorde

News: 09 February 2012 By Valerie Cilliers
In die lig van ’n toename in plaasmoorde oor die afgelope maand het TLU SA ‘n aksie teen plaasmoorde aangekondig.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube