Searching for "" in "News"

 

Jagters laat die skote klap!

News: 27 January 2014
Die Bosveld Jagters en Wild Bewaringsvereniging het Saterdag sy eerste rondomtalie skietdag vir die jaar aangebied. Die opkoms van deelnemers het alle verwagtinge oortref met talle lede en selfs nie-lede wat kom deelneem het.

Dit gons oor vuil water

News: 27 January 2014
In Mokopane het dit verlede week op Noordelike Nuus se Facebook bladsy en Twitter rekening gegons nadat ons berig het oor klagtes van Elize Labuschagne van Duplex Hof woonstelle wie se water nou al vir meer as ‘n maand lank bruin is. Inwoners van verskeie woonbuurte regoor die dorp het laat weet dat hulle water net so “vuil” is. Intussen het die munisipaliteit laat weet dat hulle bewus is van die probleem. “Ons het ‘n interne ondersoek geloods en oor die laaste maand ook monsters by verskillende plekke in die dorp geneem,” sê munisipale woordvoerder, Malesela Selokela. Voorlopige Labratorium toetse dui glo op ‘n waterpyp tussen De Klerk en Thabo Mbekistrate wat geroes is, maar die munisipaliteit wag nog op terugvoer van ‘n kenner wat aangestel is om ‘n deeglike wetenskaplike ondersoek te doen en terugvoer te lewer. Intussen het die President van TLU SA, Louis Meintjes, waarsku dat die land afstuur op ‘n situasie dat die krane in die huise wel water sal lewer, maar dat daardie water totaal onbruikbaar sal wees. “As die Staat homself as die beskermer van die water wil aanstel, moet hy ook toesien dat hy daardie rol vervul. Nou word ons gedwing om vir vuil en onbetroubare water te betaal en dit is onaanvaarbaar.”

Nuwe Graad 1’s en juffrou vir Hardekool

News: 27 January 2014
Hardekool Akademie in Lephalale het verlede week die jaar goed afgeskop. Nie net is daar ‘n pragtige groepie nuwe Graad 1’s nie, maar daar is ook ‘n nuwe wiskunde juffrou! Gisella Mulder is ‘n chemiese Ingenieur uit die Noord-Wes provinsie wat Hardekool leerders touwys gaan maak as dit by syfers kom.

Groot skool toe!

News: 17 January 2014
Die vakansie was Woensdag amptelik iets van die verlede toe die jongspan met skoolklere aan gereedstaan vir ‘n nuwe skooljaar. Wie is dan nou meer opgewonde oor die einde van ‘n lang vakansie as ‘n Graad 1 leerder? Uiteindelik het die dag aangebreek – dit is groot skool toe! Noordelike Nuus het Woensdag by laerskole in Lephalale en Mokopane ‘n draai gemaak om die belangrike dag vol glimlaggies (en trane) met Graad 1’s af te neem.

‘Potholes cause road deaths’ - DA

News: 17 January 2014
The Democratic Alliance (DA) in Limpopo has accused the provincial roads and transport department of endangering road users by not maintaining Limpopo’s roads. In the last ten months, 2 072 accidents occurred in Limpopo leading to more than 450 fatalities, the DA said in a press statement this week.

Medupi contracts – a well kept secret?

News: 17 January 2014
What is Eskom hiding? This question was raised when Natasha Michael, DA Shadow Minister of Public Enterprises, announced that the power utility appears to be stalling in providing the DA with contractual agreements between Eskom and its contractors at the Medupi building site, near Lephalale. On 18 November 2013, Eskom undertook to ensure that contractors would begin compiling the requested contracts. “It is almost two months since this under- taking was made but no communication has been received to that effect,” Michael said in a statement this week.

Waterberg municipalities best in Limpopo

News: 17 January 2014
The Solidarity Research Institute (SRI) released its Livability Monitor for Limpopo recently, indicating the province’s best and worst municipalities. 

Mogalakwena - the power struggle continues

News: 17 January 2014
The Mogalakwena town council on Monday called a special council meeting to discuss the mayor, Tlhalefi Mashemaite’s, political interference in the administrative affairs of the municipality.

Dwelmnes oopgevlek

News: 17 January 2014
LEPHALALE - ‘n Verdagte dwelmhandelaar is Dinsdagaand net voor 20:00 by die Spar in Onverwacht gearresteer nadat Vetus Schola Sekuriteit op ‘n wenk van die publiek gereageer het. Die verdagte is betrap met 40g CAT, vervalste note ter waarde van R400 en ses selfone. Volgens Vetus Schola woordvoerder Wikkie Petzer het die verdagte verskeie huise in Onverwacht uitgewys waar dwelm bedrywighede plaasvind. Die saak word ondersoek.

Straatname - raadslid maak self plan

News: 17 January 2014
In meeste dorpe hoop raadslede dat daar dalk eendag ‘n straat na hulle vernoem sal word, maar in Mokopane doen DA-raadslid, Korny Dekker, sy bes om net die bestaande name by die dorp se strate aan te bring.

Look out for bogus colleges

News: 17 January 2014
Limpopo matriculants who failed to register at colleges and universities for 2014 are scurrying to secure a place at alternative higher education institutions across the province.

Sies kyk hoe lyk ons water!

News: 17 January 2014 By Jasper Raats
Elize Labuschagne van Duplex Hof woonstelle in Hoogestraat, Mokopane, sê sy weet nie meer watter kant toe met die vuil kraanwater nie. Sy sê hulle water het net voor Kersfees verlede jaar modder bruin uit die krane begin loop en dit het nou nog nie beter geword nie.

Dinge om te doen

News: 17 January 2014
Is jy opsoek na ‘n Valentyn-geskenk vir daardie spesiale persoon in jou lewe? Moet nie die Plaas Valentyns Mark by die Lephalale Square op Saterdag, 8 Februarie, misloop nie.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube