Tweede plek vir TUKS Limpopo swemmers
Sport:
28 August 2014
By NoordNuus reporter
Limpopo se swemspan het algeheel tweede geëindig, na Noord-Wes, gedurende die naweek se SA Klein Inter-Provinsiale Gala wat gehou is by St Benedict’s College in Bedfordview, Johannesburg.
11 TUKS Limpopo swemmers van swemafrigter, Awie Hattingh, het Limpopo verteenwoordig en 14 individuele medaljes huis toe gebring. Medaljewenners was: Miral Honiball (drie silwer), Morne van der Bank (twee silwer, een brons), Anel de Vos (een silwer, een brons), Carel Smit (een silwer, een bors), Franco Botha (een silwer, een brons) en Bernice Laboff (een silwer, een brons). Swemmers kon elk net in twee items en Individuele Wisselslag deelneem. Provinsies wat aan die gala deelgeneem het was: Noord-wes, Limpopo, Mpumalanga, Oos-Gauteng, Noord-Vrystaat en Sedibeng Aquatics. In die aflosse het die spanne van Limpopo drie goud, vier silwer en twee brons medaljes gewen.
Die Limpopo seuns en dogtersspanne het ook algeheel tweede in hul onderskeie afdelings geëindig.