Sport:
31 July 2014
By Helena Raats
Hoërskool Piet Potgieter het die landloop interhoër gemaklik gewen met 35 punte. Tweede was Hoërskole Ben Viljoen en derde Nylstroom. Die junior seunspan en die senior seunspan wen hul afdelings en ontvang trofeë en goue medaljes. Die senior dogterspan eindig tweede en die junior dogters derde. Hul het onderskeidelik silwer en brons medaljes verwerf. Albert Kgosana en Pontsho Ngobeni het trofeë ontvang vir individuele wenners van die junior seuns- en senior seuns afdelings. Ons spankapteine, Peter Tau en Sulize van Rooyen, het na vyf jaar weer die Interhoërtrofee in ontvangs geneem. Die skool bedank afrigters: Zelda Botes, Patricia Green en Liandra Cilliers. Die Landloop Interhoër wenspan. Katlego Semenya (voor), tweede ry: Kurt Kruger, Gracious Shika, Albert Kgosana, Peter Tau, Sulize van Rooyen, Josia Nyawene, Karabo Maredi. Derde ry: Monique de Sousa, Pontsho Ngobeni, Boka Mahlong, Tshiamo Molala, Shoki Seloana, Sello Nyawene , Michelle Kekana, Tebogo Matlou, Jana-Lené van Eck, SW Bruwer en agter is Laura-Li Cilliers, Simoné Fourie, Gisela Bekker.