Searching for "" in "Sport"

 

Mokopane kry eie bergfietsklub

Sport: 25 April 2014 By Adele Essakow
Vir almal wat graag ‘n geleentheid soek om in ‘n groep fiets te ry, om nuwe roetes te toets of om saam aan fietswedrenne deel te neem, is daar nou goeie nuus - Mokopane het nou sy eie fietsryklub wat as die Mokopane Cycle Club (MCC) bekend sal staan.

Hy swem vir volk en vaderland!

Sport: 16 April 2014 By Jasper Raats
Morné van der Bank van Hoërskool Piet Potgieter is gekies vir die swemuitnodigingspan uit Suid-Afrika wat in Kampala, Uganda, gaan deelneem vanaf 23 tot 27 April.

Sy’t murg in haar pype

Sport: 16 April 2014 By Jasper Raats
Wilma Nel van Laerskool Krugerpark het onlangs in Witbank aan die Suid-Afrikaanse armdruk kampioenskappe vir dogters onder 60kg deelgeneem waar sy met beide haar linker en regterhand eersteplekke behaal het.

Hulle trap dat die modder spat!

Sport: 16 April 2014 By Jasper Raats
Lané en Chanté du Plessis (nie sussies nie) van Hoërskool Piet Potgie-ter het Saterdag in Louis Trichardt aan die Provinsiale XCO bergfiets reeks deelgeneem en as hulle die huidige pas kan volhou, is hul kanse goed om in die provinsiale span opgeneem te word. XCO is kort vir Cross Country Olympic en is een van die mees populêre fasette van bergfietsry in Suid-Afrika. XCO wedrenne vind plaas op vooraf-uitgemerkte bane wat ryers se spoed en ook tegniese vaardighede toets. Ryers moet ‘n sekere hoeveelheid rondtes voltooi en baantye bepaal dan die wenners. Hulle moet nog net in twee XCO wedrenne onder die top 5 eindig om vir die Limpopo-span te kwalifiseer. Hul kanse is ook goed om in die provinsie se halfmarathon-span opgeneem te word.

Krugies oorheers rugbyweek

Sport: 10 April 2014 By Jasper Raats
Laerskool Krugerpark se o/11 rugbyspan was die toernooiwenners van die rugbyweek wat tydens die skoolvakansie by Marble Hall Laerskool aangebied is. Die o/10 rugbyspan het ook as toernooiwenners uit die stryd getree.

Piet Pot bring die bekers van orals

Sport: 10 April 2014 By Jasper Raats
Hoërskool Piet Potgieter se leerders het die afgelope skoolvakansie die dorp se naam hoog gehou toe hulle op verskeie sporttoere gaan wys het wat in Mokopane se kinders steek.

Nog ‘n gholfsukses vir Nylboere

Sport: 04 April 2014 By Jasper Raats
Die Nyl Boerevereniging het verlede Donderdag weer sy jaarlikse gholfdag by die Kameeldoring Buiteklub in Mokopane aangebied. Die dag is goed ondersteun deur plaaslike spelers en ook besoekers van ander klubs, maar dit wat die Gilbertson Body Auto-span van Mokopane wat met die Louere weggestap het. Die Nyl Boerevereniging Voorsitter, Pieter Boshoff, het sy dank uitgespreek teenoor die gholfkomitee, spelers en die borge wat die dag moontlik gemaak het.

Borge vir EHS se rugby manne

Sport: 28 March 2014 By NoordNuus reporter
Duan en Koos Schutte van Lephalale Supplies het hierdie week uiters welkome sakke aan Hoërskool Ellisras se eerste rugbyspan oorhandig. Die span toer 27 Maart tot 2 April na Margate.   Duan Schutte van Lephalale Supplies skud hand met die eerste rugby-spankaptein Anthony Coetzee.

Onder 9’s het lekker getoer

Sport: 28 March 2014 By Jasper Raats
Laerskool Krugerpark se o/9 rugbyspan het verlede week na Rustenburg getoer waar hulle saam met 23 ander skole aan die Konka rugby week deelgeneem het. Hulle het twee van hul vier wedstryde gewen en Hendré Botha is aangewys as die beste agterspeler van die byeenkoms. Hier is hulle saam met hul afrigter, Wikus van Nieuwenhuizen.

Harde werk bring boogskiet sukses

Sport: 28 March 2014 By Valerie Cilliers
Die boogskutters van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag aan die eerste NASP-interskole kompetisie wat in Limpopo gehou is, deelgeneem.

Krugies wys hul staal by SA’s

Sport: 28 March 2014 By Jasper Raats
Wilma Nel, Lachelle de Beer, Mulder Kotze, Marco Mckenzie en Erna Kruger het Mokopane se naam hoog gehou toe hulle verlede naweek aan die SA Atletiekkampioenskappe in Kaapstad gaan deelneem het. Wilma was afwesig tydens die neem van die foto.

CVO atlete gaan SA’s toe

Sport: 20 March 2014 By Jasper Raats
Hierdie hoërskool leerders van Potgietersrus CVO skool gaan hierdie naweek, 21 en 22 Maart aan die nasionale BCVO skole atletiekkampioenskappe in Sasolburg deelneem. Hier is die laerskoolleerlinge van Potgietersrus CVO skool wat die naweek aan die BCVO nasionale atletiekkampioenskappe in Sasolburg gaan deelneem. Noordelike Nuus wens al hierdie leerders sterkte toe.

Marnus is Limpopo kampioen!

Sport: 20 March 2014 By Jasper Raats
Die Limpopo Muurbalkampioenskappe is die naweek 14-16 Maart in Polokwane aangebied. Die naweek het uitstaande gehalte muurbal opgelewer met tussen 33 spelers wat meegeding het om as wenners uit te tree. Vier spelers van Mokopane muurbalklub (drie mans en een dame) het deelgeneem. Christiaan Labuschagne (Polokwane) en Marnus Janse van Rensburg (Mokopane) het dit in ‘n naelbyt finaal uitgespook vir die Mans Kampioen. Marnus het egter daarin geslaag om as wenner uit te tree. Robbert Abrahamse (8ste), Conrad Janse van Rensburg (3de) en Marnus is ook ingesluit in die span wat Limpopo gaan verteenwoordig by die SA Plattelandse Kampioenskappe wat in die Boland aangebied word. Ronel Welman (Louis Trichardt), verdedigende vroue kampioen het weer daarin geslaag om die dames afdeling te wen met Mieke Pistorius (Modimolle) in die tweede plek en Elouise Dippenaar was derde.

Monique is gereed vir Egipte

Sport: 20 March 2014 By Jasper Raats
Monique Venter van Mokopane Stoeiklub is die eerste stoeier uit dié klub wat haarself 'n Protea stoeier kan noem. Hoewel daar al Springbok stoeiers uit hierdie klub opgelewer is, is Monique ook die eerste meisie hier wat nasionale kleure verwerf het. Sy het tydens die onlangse kadet proewe 'n plek in die nasionale span verwerf en vertrek op 17 Mei na Egipte waar sy aan die Afrika kampioenskappe gaan deelneem.

Coaches ready to step up their game

Sport: 13 March 2014 By NoordNuus reporter
As part of their commitment to uplift the standards of gymnastics, the Mokopane Gymnastics Club (MGC) presented a General Leader (GL) Course for beginner coaches from various clubs in Limpopo including Modimolle, Thabazimbi and Polokwane this past weekend.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube