Searching for "" in "Sport"

 

EHS trotseer die modder en Hoërskool Merensky

Sport: 13 March 2014 By NoordNuus reporter
Saterdag dou voor dag vertrek die Rassies vir ‘n sportdag teen Hoërskool Merensky. Sommige spanne het gespeel selfs in die reën in ‘n modderveld terwyl ander moes spel staak.

Bittersoet afskop vir wintersport

Sport: 13 March 2014 By Jasper Raats
Terwyl die eerste, tweede en o/15 rugbyspanne van Hoërskool Piet Potgieter die onderspit gedelf het teen hul eweknieë van Louis Trichardt, het die hokkie-spanne skoonskip gemaak.

Krugies presteer oral

Sport: 06 March 2014 By Jasper Raats
Hierdie swemmers van Laerskool Krugerpark is opgeneem in die Limpopo swemspan wat die afgelope naweek in Pretoria aan die Inter Provinsiale Swemkampioenskappe deelgeneem het. Hulle is van links voor: Han Geerkens, Bernice Laboff, Adri Vorster, (middel); Erna Kruger, Lenika Nel, Rubin Glover, Percy Hawken (agter); Johann Neethling, Pieter Vorster en Justin Nell. Limpopo het die kampioenskappe gewen. Laerskool Krugerpark se top atlete het onlangs baie goed presteer by die Limpopo atletiekkampioenskappe. Die medaljewenners was van links voor: Mulder Kotze, Marco McKenzie, Erna Kruger, Lachelle de Beer en Kaylen Deysel. Agter is Pieter Vorster, Hanno Janse van Rensburg en Wilma Nel.

Stoeiers is op pad SA’s toe

Sport: 06 March 2014 By Jasper Raats
Monique Venter en Marie Oosthuizen van die Mokopane Stoeiklub neem Saterdag (more) in Pretoria aan die Suid-Afrikaanse kadetproewe vir amateurstoei deel. Dit is hier waar hulle vir hulself ‘n plek in die Proteaspan kan oopstoei wat later vanjaar aan die Afrika kampioenskappe in Egipte gaan deelneem. Marie het by verlede jaar se nasionale kampioenskappe drie goue medaljes verower en Monique het vier vierde plekke behaal.

Skoonskip vir boogskutters

Sport: 06 March 2014 By Valerie Cilliers
Sportmanne en vroue wat verbonde is aan die Mogolklub in Le- phalale is Dindagaand by die Sportster van die Jaar funksie vereer vir hul prestasies in 2013. Hierdie jaar was al die oë op die boogskiet subseksie. Die Nyala Boogklub het daarin geslaag om met vier trofeë weg te stap. Steven Verwey is aangewys as junior sportman van die jaar. Hennie van Staden as Veteran sportman van die jaar en Werdie van Staden as senior sportman van die jaar en die Mogol Sportster van die jaar. Werdie is vereer vir sy twee Suid-Afrikaanse rekords in sy afdeling en 'n goue medalje by die wêreldkampioenskappe. Trofeë is ook oorhandig aan Anna Gloy (perdry) vir Administrateur van die jaar. Elize Grobler is aangewys as die beampte van die jaar. Die subsektor van die jaar het gegaan aan die gholf subseksie. Junior sportvrou van die jaar is Lenanda van der Walt (gholf), senior sportvrou van die jaar is Benise Geyser (marathon) en die veteran sportvrou van die jaar is Elaine Pretorius (atletiek).

EHS skitter by Limpopo atletiek

Sport: 06 March 2014 By NoordNuus reporter
Ellisras Hoërskool (EHS) se atlete het weer geskitter tydens die Limpopo kampioenskappe in Pietersburg verlede Saterdag. Christiaan Kruger o/19 het nie net twee keer die eerste plek ingepalm nie, maar ook gekwalifiseer vir die SA’s. Christiaan wen die 110m en 400m hekkies. Charlotte Eckard wen ook haar 100m hekkies 0/19. Loutjie Steenekamp wen o/15 300m hekkies en kom tweede in die 100m hekkies.   Larissa Nel o/15 wen 300m hekkies en behaal twee tweede plekke vir 90m hekkies en die 200m. AJ van der Walt o/17 was tweede in die 110m- en 400m hekkies. Harde oefening word beloon!

Fishing for late summer bass

Sport: 06 March 2014 By Christie Thomas
The days are shorter, the nights longer and even though it is still hot during the day, it is not extreme heat anymore... these are all a clear signs that summer is busy winding down.

Toe wen Potties!

Sport: 02 March 2014 By Jasper Raats
“Ons het ‘n sterk span met ‘n klomp goeie atlete, maar ‘n mens kan nooit seker wees van ‘n wen nie,” So het Hoërskool Piet Potgieter se hoof, Jas Hansen, verlede week voor die interhoër gesels. Min het hy of enigiemand geweet, Piet Pot se klompie goeie atlete het genoeg murg in hul pype om die knoop deur te haak. En om die kersie op die koek te plaas het die Pottikaners die ander skole se gô uitgesing en met die sang beker weggestap.

Hyundai borg jong gholfspeler

Sport: 02 March 2014 By Jasper Raats
Hyundai Mokopane se takbestuurder, Werner van Vuuren, het besluit om een van Mokopane se mees-belowende jong gholfspelers, Johnty Darvall, hierdie jaar te borg.

Blink toekoms vir Lephalale swemmer

Sport: 02 March 2014 By Valerie Cilliers
Dario Geyser van Lephalale gaan einde Maart hierdie jaar aan die SA Vlak 3 swembyeenkoms in Kaapstad deelneem. Dié baie talentvolle 14-jarige het so bietjie meer as twee jaar gelede by Ellisras Aquatics onder Darren Watkins begin swem. Hy het verlede jaar as Graad 8 leerder in Pietersburg Hoërskool begin skoolgaan. Sedertdien swem hy onder die vaandel van Eager Aquatics in Polokwane. Vir die byeenkoms in Maart is hy in die 50 en 100m vlinderslag, sesde geplaas met die tye wat hy al vanjaar geswem het. Net die beste tye in Suid-Afrika kwalifiseer swemmers om aan die byeenkoms deel te neem. Dario oefen tans sowat drie ure per dag en is beslis ‘n swemmer om in die toekoms dop te hou.

Klein meisie wen groot toernooi!

Sport: 02 March 2014 By Jasper Raats
Sulé Venter van die Ion Bacui stoeiklub het die naweek aan die Mpumalanga stoei ope gaan deelneem en ‘n goue medalje huis toe gebring.

Wengees haak die knoop deur

Sport: 02 March 2014
“Om Interhoër te wen is soos reën, dit beur die hele gemeenskap op met ‘n golf van blydskap,” so het Pierre Peens, sakeman en voorsitter van Hoërskool Piet Potgieter se atletiekkomitee maandag gesels na die wel-verdiende oorwinning wat beide die skool se sang en atletiekspanne tydens Saterdag se Bosveld Interhoër by Ben Viljoen op Groblersdal behaal het.

Rassie atlete vaar goed

Sport: 02 March 2014 By NoordNuus reporter
Om aan Interhoër deel te neem is vir menigte hoërskool atlete ‘n hoogtepunt in hul skooljaar. Die optog met spandrag terwyl jou skool jou van die pawiljoene af toejuig is aanmoediging genoeg om op die dag jou beste te gee.

Nog net ‘n week!

Sport: 14 February 2014
Teen die tyd wat hierdie koerant verskyn is daar vir die atlete van die Bosveld se hoërskole nog net ‘n week van atletiek voorbereiding oor voordat hulle volgende Saterdag op die velde van Hoërskool Ben Viljoen kragte meet. Hier is die o/16, 0/17 en 0/19 dogters van Hoërskool Piet Potgieter teen mekaar in aksie tydens Dinsdag se mini-interhoër wat die skool elke jaar ter voorbereiding van die ware Jakob hou. Foto: Jasper Raats

Rekords spat by Bosveld byeenkoms

Sport: 14 February 2014
Potgietersrus CVO skool het Saterdag hul jaarlikse vriendskaplike Bosveld atletiekbyeenkoms op die skool se bane aangebied. Dertien skole van so ver as Brakpan in die Suide en Louis Trichardt in die Noorde het hier kom deelneem.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube