Searching for "" in "Sport"

 

Hardekool atlete het murg in hul pype!

Sport: 14 February 2014
Hardekool Akademie in Lephalale se leerders het Saterdag aan die Bosveld Atletiekbyeenkoms in Mokopane deelgeneem. Altesaam 13 skole het aan die byeenkoms deelgeneem en die volgende leerlinge van Hardekool het baie goed presteer.

Baie Lephalale atlete by Streekbyeenkoms

Sport: 14 February 2014
Laerskole in die Lephalale omgewing het verlede Vrydag deelgeneem aan die area-atletiekbyeenkoms teen skole in die Palala-Noord en Palala-Suid area. Die leerders het meegeding vir ‘n plek by die Streekbyeenkoms wat vandag (Vrydag) in Thabazimbi plaasvind.

Swemmers skitter in Midmardam

Sport: 14 February 2014
Verskeie swemmers van Mokopane het die naweek aan die verskillende ope-water mylgalas by Midmardam in Natal gaan deelneem en uitstekend gevaar.

Swemmers vaar goed by SA’s

Sport: 14 February 2014
Anél de Vos en Morné van der Bank van Mokopane het hierdie week aan die SA Ope Water Swemkampioenskappe in Midmar, KZN deelgeneem. Die toernooi is direk na die jaarlikse Midmar Myl aangebied waar die twee oor die naweek deelgeneem het. Die twee het Maandag aan die 3km item deelgeneem waar Morné 20ste in die 14 - 15 jaar kategorie gekom het en Anél vyfde in die 16 - 18 jaar kategorie. Anél het Dinsdag aan die 5km kompetisie vir dogters 14 - 16 jaar deelgeneem en 15de gekom met ‘n tyd van 1h11m04s.

Laerskole wys hul staal

Sport: 07 February 2014 By Jasper Raats
Hoewel Laerskool Krugerpark se atlete verlede Donderddag tydens ‘n kring-atletiekbyeenkoms op hul tuisveld gewys het dat daar met dié skool se atlete en die kwaliteit van hul afrigting niks skort nie, was dit Mokopane Primary wat gewys het dat sy atlete weer ‘n krag gaan word om mee rekenskap te hou.

‘n Voorsmakie van Interhoër

Sport: 07 February 2014 By Jasper Raats
Om atlete voor te berei op die strawwe kompetisie en streng reëls wat hulle op 22 Februarie by die Interhoër atletiek byeenkoms en ook streek, distrik, provinsiale en dalk nasionale byeenkomste hierdie atletiekseisoen te wagte kan wees het Hoërskool Piet Potgieter verlede Vrydag ‘n vriendskaplike byeenkoms op sy sportvelde aangebied.

Oorgehaal vir jaar se jag

Sport: 31 January 2014
Die SA Jagters en Wildbewaring Vereni-ging se Soetdoring tak op Mokopane se eerste skietdag vir 2014 het gewys dat jagters oorgehaal is vir 2014 en sommer van die begin af hul gewere en ammunisie reg het vir die jagseisoen.

An historic day for Mokopane Primary

Sport: 31 January 2014
Mokopane Primary school hosted its first propper house athletic championships in almost ten years on Tuesday and Wednesday this week. This is another milestone for the school under the leadership of its principal, Ockert Groenewald, who has the town of Mokopane talking non stop about the progress this school has made the past year.

Rekords spat by CVO se huissport

Sport: 31 January 2014
Potgietersrus CVO skool se leerders het die rekords behoorlik laat spat by hulle huissport Saterdag. Altesame 41 nuwe rekords is opgestel.

Top prestasies by Bossie atletiek

Sport: 31 January 2014
Die jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms van Laerskool Bosveld Primary het op Vrydag, 24 Januarie plaasgevind op die Mogol atletiekbaan. Die Valke en Loeries het mekaar weer opgekeil, maar hierdie keer het die Valke die bordjies verhang deur vir die eerste keer in vyf jaar baas te speel.

Koedoes en Rooibokke meet kragte

Sport: 31 January 2014
Dit was die Koedoes en die Rooibokke wat mekaar verlede Donderdag die stryd aangesê het by Ellisras Laerskool se interhuisbyeenkoms. Ten spyte van die uitmergelende hitte het die Rassies prag vertonings op die baan en die veld gelewer.

Skitterende atletiek!

Sport: 31 January 2014
Laerskole Ellisras, Bosveld Primary, Thabazimbi en Unitas het Dinsdag aan ‘n vriendelike atletiekbyeenkoms op Laerskool Ellisras se sportgronde deelgeneem. Só is ‘n voorsmakie gegee vir wat vandag (Vrydag) by die jaarlikse kring atletiekbyeenkoms by die Mogolklub te wagte kan wees.

Krugerpark hou interhuis

Sport: 31 January 2014
Laerskool Krugerpark het verlede Vrydag sy jaarlikse interhuis atletiek byeenkoms aangebied. Die Rooibokke was die wenners van die dag op beide die atletiekveld en die pawiljoen. Hier is die dag se sport en sports in foto’s.

Hardekool maak skoonskip

Sport: 31 January 2014
Hardekool Akademie het Saterdag deelgeneem aan ‘n interskole atletiekbyeenkoms op Thabazimbi. Die Atlete het uitstekend gevaar en met die wenbeker sowel as die geesbeker huis toe gekom!
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube