Searching for "" in "Sport"

 

Krugies se beste leiers

Sport: 28 November 2013
Dries le Roux en Tebogo Matlou is aangewys as 2013 se beste leiers by Krugerpark Laerskool.

Muurbalklub kies nuwe bestuur

Sport: 28 November 2013
Die Potgietersrus muurbalklub het verlede Donderdag ‘n nuwe bestuur gekies tydens sy algemene jaarvergadering. Robert Abrahamse is weer gekies as voorsitter, Freddie van Eyk is ondervoorsitter, Marnus Janse van Rensburg as addisionele lid, Dalene van Eyk beklee die ampte van tesourier en sekretaresse en Freddie Vermaak is ook ‘n addisionele bestuurslid.

MGC honours gymnasts

Sport: 28 November 2013
The Mokopane Gymnastics Club recently held its annual prize giving to honour the achievements of their gymnasts. The gymnasts each received certificates; floating trophy’s and badges to thank them for all their efforts during 2013. After the awards ceremony, the parents and grand parents were treated to a special gymnastics show – complete with acrobatic ninja’s and dancing princesses.

Top Karatekas vir Lephalale

Sport: 15 November 2013
Die Mogol Karate klub in Lephalale het verlede Vrydag hulle jaarlikse afsluiting en prysuitdeling by die Mogol funksiesaal aangebied. Lizelle van den Berg is aangewys as die dogter wat vanjaar die grootste vordering getoon het. Dieselfde toekenning in die seuns afdeling het gegaan aan Luan Mahoney. Die junior seun van die jaar toekenning het gegaan aan Steven Verwey. Na die prysuitdeling is daar heerlik gebraai en saam gekuier. Vier van die klub se karatekas wat verlede week in Mokopane gegradeer het was Lizelle van der Berg, Pietie Vogel, Luan Mahoney en Matthew Webb. Vir inligting oor die karate bel vir Sensei Anneline 073 170 6269.

Muurbalklub het nuwe kampioen

Sport: 15 November 2013
Die 2013 klubkampioen van die Mokopane muurbalklub is Gordon Daniel (regs). Hy het daarin geslaag om Robert Abrahamse (links) in ‘n taai finaal verlede Donderdagaand te klop. Marnus Janse van Rensburg was derde in die klubkampioenskappe en Freddie van Eyk - vierde.

‘n Britse inval in Mokopane

Sport: 15 November 2013
As mens jou oë toegemaak en geluister het, sou jy verlede Maandag by die Potgietersrus rolbalklub dink jy is iewers op die Britse eilande. Die eiland van Jersey om presies te wees. Tussendeur kon jy darem ‘n stoere Afrikaner met die rooi taal hoor worstel. Dit sou die plaaslike rolbalspelers wees wat met hul buitelandse besoekers gesels. ‘n Groep van omtrent 30 rolbalspelers van Jersey het hul Suid-Afrikaanse rolbal toer hier in Mokopane kom afskop. Van hier het hulle na Magoebaskloof gereis waar hulle sou oorslaap om dan die res van die week teen die klubs van Duiwelskloof, Tzaneen, Polokwane en Nelspruit te speel. Dié groep rolbal toeriste bestaan hoofsaaklik uit welaf pensioenarisse van vyf klubs wat etlike sulke toere al saam onderneem het. Hulle gunsteling lande om te besoek is Suid-Afrika, Australië en die VSA.

Besighede rol bolle

Sport: 08 November 2013
Die Potgietersrus rolbalklub se besigheidsliga het Woensdagaand ten einde geloop. Elke jaar hierdie tyd, nooi die klub besighede om mekaar uit te daag op die rolbalbaan. Dit sorg vir groot pret en stel nuwe mense aan die sport van rolbal bloot. Hier is die spanne van Debtsafe, Waterberg Inspect A Car, Westvaal Motors en EL Auto tydens verlede Woensdag-aand se kragmeting.

PSL Soccer skill for Bossies

Sport: 08 November 2013
Several coaches of the development division of the premier soccer league side, Mpumalanga Black Aces, visited Laerskool Bosveld Primary on Friday to teach learners a few soccer skills. According to teacher Erika Swanepoel, who organized the event, learners where beside themselves with excitement when they heard who were coming to teach them a few soccer tricks.

Bossies swem vooruit

Sport: 08 November 2013
Laerskool Bosveld Primary se swemspan het Saterdag aan die jaarlikse Top Tien swembyeenkoms in Polokwane deelgeneem. Soos elke jaar was die kompetisie baie straf, tog kon die Bossies daarin slaag om een plek op die ranglys te verbeter. Hulle is nou die negende beste in Limpopo met swem!

Nuwe rekord vir Benise

Sport: 01 November 2013
Benise Geyser van Lephalale het onlangs haarself in die rekordboeke ingehardloop toe sy deelgeneem het aan die Coaldust Dream Circuit Challenge in Witbank. Benise het aan die 12 ure nag wedloop wat Vrydagaand 18:00 begin het deelgeneem en ‘n afstand van 94km om die 1km baan in die toelaatbare 12 ure voltooi. Daarmee verbeter sy die vorige dames rekord met 29km.

‘n Voorliefde vir snorbekke!

Sport: 01 November 2013 By Jasper Raats
Dit is ‘n Maandagoggend vroeg in September, en dit gons op Facebook oor die Krugers se foto’s van die naweek se vangste. Nico Kruger van Naboomspruit - deesdae Mookgophong - en sy seun, Jan-Barend, het Saterdag 120kg vis in agt ure gevang. Nie sommer enige vis nie. Babers. Deur Jasper Raats. Nico en Jan-Barend is ligte gerei boot hengelaars en die babervangery is amper elke naweek se storie. Party naweke vir kompetisies, ander kere sommer net omdat hulle versot is op baber hengel.

Heerlike somerfees in Lephalale

Sport: 01 November 2013
Die koms van die somer is behoorlik gevier toe die Boskroeg en C&M Events onlangs die Somerfees 2013 by die Boskroeg net buit Lephalale aangebied het.

Stadsjapies kom jaag op Bosveld Oval

Sport: 24 October 2013
Die Bosveld Wedrenklub in Mokopane het motorwedren geesdriftiges verlede Saterdag op die rante van hul pawiljoen bankies gehad toe plaaslike jaers teen lede van klubs in Polokwane en Pretoria meegeding het.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube