<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nicolaas sit sy planne op die tafel

 
Nicolaas le Roux word ingehuldig as Tafelronde voorsitter deur uitgaande voorsitter, Marcello dos Santos. Hy het vertel hoe Nicolaas gebore is toe sy pa, Klasie, in 1987 voorsitter van die-selfde Tafelrondte was. “Ons hoop is dus op jou, klein Klasie, en jou vrou, Nastasha, vir ‘n voorsittersbaba hierdie jaar,” het hy geskerts.
Sport : 17 Jan 2014 156 Viewed By Jasper Raats 0

Nicolaas le Roux van Mokopane is Vrydagaand tydens ‘n spoggeleentheid by Euphoria Gholflandgoed net buite Mookgophong ingehuldig as die 2014 voorsitter van Kameeldoring ‘92 Tafelronde. Hy neem die leisels oor by Dr. Marcello dos Santos wat hom hierdie jaar by die ‘41ers’ aansluit.
Nicolaas het gesê hy sal hom hierdie jaar beywer vir eenheid onder die tafelaars, lidmaatskap groei en ontwikkeling, die identifisering en aanpak van effektiewe projekte, bevordering van die Tafelronde se beeld en identiteit en lede betrokkenheid.
Dos Santos het sy mede-tafelaars bedank vir die steun wat hulle hom die afgelope jaar gebied het. Hy het met trots teruggekyk op die liefdadigheidswerk wat Kameeldoring ‘92 die afgelope jaar onder sy leiding gedoen het.
R104 000 is in 2013 ingesamel en aan welsynsorganisasies geskenk. Die grootste skenking is aan die Mokopane Dienssentrum vir Bejaardes gemaak uit fondse wat gegenereer is uit die biertent wat die Tafelronde tydens die Kierieklapper Kunstefees bedryf.
Die Tafelronde is ‘n internasionale organisasie van jong manne wat hulle in klein groepies regoor die wêreld vestig en dan beywer vir liefdadigheid in die gemeenskappe waar hul woon en werk. - Jasper Raats (jasper@noordnuus.co.za)

 

 

 
 

Gerhard Hennings is aangewys as die tafelaar van die Jaar vir sy sukses met die Zamakhule skoolprojek. Met die hulp van hul mede-tafelaars regoor die wêreld het Kameeldoring ‘92 verlede jaar genoeg fondse ingesamel om hierdie skool vir gestremde kinders te bou. Hennings was die groot dryfveer agter die projek.
Dié houtklompe het hy verlede jaar van ‘n Nederlandse tafelronde tak op besoek aan SA ontvang. Dit is die eerste keer wat swart tafelronde klompe gemaak is spesifiek vir formele drag. Dos Santos mag volgens tradisie nou nooit weer ander skoene dra wanneer hy formele tafelronde drag aanhet nie.
As uittredende president en ‘41er’ het Dr. Marcello dos Santos ‘n silwer voorsittersbeker en ‘n afskeidskierie van sy mede tafelaars ontvang.
Die nuwe Tafelronde komitee vir 2014 is Frans Blignaut as onder-voorsitter, Nicolaas le Roux as voorsitter en Craig le Roux as tesourier.
Kobus Klopper dien hierdie jaar as die Bosveld-streek se area voorsitter.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube