<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Oorgehaal vir jaar se jag

 
Die skiet jaar het goed begin met 31 skuts wat Saterdag aan die SAJWV se eerste skietdag vir die jaar kom deelneem het.
Sport : 31 Jan 2014 200 Viewed 0

Die SA Jagters en Wildbewaring Vereniging se Soetdoring tak op Mokopane se eerste skietdag vir 2014 het gewys dat jagters oorgehaal is vir 2014 en sommer van die begin af hul gewere en ammunisie reg het vir die jagseisoen.
Met 31 skuts wat Saterdag deelgeneem het, het Dawid Botes met die louere weggestap op die 300m Jakkalsteiken terwyl Pete Millan tweede was, Ford Winnerts - derde en Rudi Kruger in die vierde plek.
Met die Springbokteiken op 300m (3 skote) en 200m (6 skote) was  Leandri Kruger eerste, Dirk Alberts tweede, Pete Millan derde en Dawid Botes in die vierde plek.
Pete Millan het koning gekraai op die Blouwildebeesteiken wat op 150m, 100m en 50m geskiet is. Dawid Botes was tweede en Rudi Kruger derde.
Millan is ook aangewys as die algehele wenner van die Bosveld en Vlakte tabelle met Leandri Kruger tweede en Dawid Botes derde.
Die SA Jagters skiet weer op 22 Februarie 2014 dieselfde tabelle tesame met gewone Handwapen (pistool en rewolwer) asook .22 en luggeweer. Almal is welkom, insluitend junior skuts wat graag ondervinding wil opdoen of net die dag wil kom geniet.

 

 

 
 

Elke afstand het voorgeskrewe posisies waar vanuit geskiet moet word.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube