<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Wengees haak die knoop deur

 
Die oorwinningsvreugde was oorweldigend. Hier is atletiekkomitee voorsitter - Pierre Peens, hoofseun - Jan-Hendrik van der Wateren, hoof - Jas Hansen, atletiekspanbestuurders - Cas Badenhorst en Liandra Cilliers en hoogspringatleet - JJ Lourens.
Sport : 02 Mar 2014 578 Viewed 0

Peens en Piet Potgieter se personeel kon Maandagoggend nie uitgepraat raak oor die leerders se positiewe gees en ongelooflike dissipline tydens die atletiekbyeenkoms nie.
“Dit was fenominaal. Vandat ons met ons vyf busse vol kinders daar aangekom het kon jy die entoesiasme vir die dag in elke leerder se oë sien blink,” vertel adjunkhoof, Cas Badenhorst.
Ben Viljoen het skole beperk tot net 250 sangers per skool omdat die skool se pawiljoene nie meer leerders kon akkommodeer nie. Dit ten spyt, is almal dit eens dat dit ‘n puik georganiseerde geleentheid was.
Behalwe vir die 250 sangers, 120 atlete en 15 afrigters het baie leerders van Piet Potgieter saam met hul ouers kaartjies gekoop en die byeenkoms as toeskouers bygewoon. “Selfs daardie kinders wat as toeskouers gekom het, het ons op die einde gehelp om atlete te gaan roep of om boodskappe aan ander afrigters te gee,” sê Liandra Cilliers, bestuurder van die dogtersatletiekspan.
Dit was ‘n spanpoging soos nog nooit, sê die hoof, Jas Hansen.
Dit was juis hy wat by verlede jaar se interhoër vir die sangafrigter, Ansie Glover, gesê het die skool moet hierdie jaar die sangbeker wen.
Sy en haar span het sommer vroeg in Janauarie al begin oefen en werk aan nuwe liedjies, dansies en maniere van hande klap en voete stamp. Deirdré Strauss, wat ook die skool se koor afrig het van meet af gehelp met die afrigting van die sangers.
Hansen het die kinders geloof vir hul dissipline. “Hulle het heeldag bankvas gesit en hul harte uitgesing. En op die veld het die atlete ‘n veggees openbaar wat my verstom het. Elkeen het sy of haar bes gedoen vir nog ‘n punt op die telbord,” het hy gesê en daarop gewys dat hy glo die skool se nuwe waardegedrewe aanslag speel ‘n groot rol in hierdie sukses. Hy het swaar gesluk toe hy trots vertel hoe sy leerders op hul eie ‘n kring op die atletiekveld gemaak het en God gedank het kort na hul oorwinnings aangekondig is.
Die skool bedank die volgende mense vir hul harde werk en toewyding: Deirdré Strauss, Stanley Blount,
Phillipie & Rolette de Beer, Jolanda Horn, Johan van Wyk (Modus Uys), Piet Stickers, Janalee Lombard, Christof Bekker, Dr. J.D. Vorster, Renita Prinsloo, Christine Liebenberg, Chrisna Malan, Sunette Human, dirigente ouers, Good Luck Kafee, Mark & Adele Howitt, Potgietersrus Wildteelsentrum, Johan Venter (JS Venter Vervoer), Deirdré Koekemoer, Alta de Klerk, Thea Louw, Piet & Henriëtte Uys en besondere dank aan Jas Hansen vir die wenresep wat hy met die dorp gedeel het.

 

 

 
 

Die top tien puntemakers vir Piet Potgieter tydens Saterdag se Interhoër was van links: Pierre Peens (voorsitter van die atletiekkomitee) Marnus Uys, Marinel Janse van Rensburg, Soretha Kruger, Peter Tau, Merieck Griesel, Ashley Coleman, Luzaan Taljaard en Liandra Cilliers (atletiek spanbestuurder). Voor sit Pontsho Ngobeni, Khutso Molekwa en Sello Nyawene.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube