<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Hyundai borg jong gholfspeler

 
Mokopane Hyundai bestuurder, Werner van Vuuren en Johnty Darval.
Sport : 02 Mar 2014 100 Viewed By Jasper Raats 0

Hyundai Mokopane se takbestuurder, Werner van Vuuren, het besluit om een van Mokopane se mees-belowende jong gholfspelers, Johnty Darvall, hierdie jaar te borg.
Johnty, ‘n o/15 Limpopo Junior speler en Hoërskool Piet Potgieter leerder, speel gholf vandat hy 8 jaar oud is en het al ‘n hele string prestasies agter sy naam.
Hy is professioneel afgerig deur Garry Nel en Uncle Ray Earle van Polokwane. Uncle Ray is deesdae die direkteur van Retief Goosen se junior gholf akademie in Limpopo en word beskou as een van die beste junior afrigters in die land.
In Johnty het Van Vuuren die geleent-heid gesien om ‘n bydrae te maak tot die ontwikkeling van jong sporttalent in die dorp.
Hyundai Mokopane sal vir die volgende jaar instaan vir al Johnty se klub- en kompetisie fooie asook vir sy gholfstokke en toerusting.
Johnty en sy pa, Alf, het Van Vuuren bedank vir sy borgskap en geloof vir sy betrokkenheid by die gemeenskap en skole sport in besonder.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube