<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies vaar goed teen Potties

 
Sport : 22 May 2014 136 Viewed By NoordNuus reporter 0

Ellisras Hoërskool se wintersport spanne moes Saterdag vroegoggend in die pad val vir ‘n vriendskaplike sportdag teen Hoërskool Piet Potgieter.
Potties neem deel aan die groot skole ligas en die Rassies in medium skole. Die Rassies na uiters fisiese wedstryde groot sukses behaal. EHS se eerste rugbyspan het bewys dat hulle ‘n faktor is om mee rekening te hou. Hulle oorrompel Potties met 31-12.
Die Rassies se tweede span het ‘n uiters suksesvolle wedstryd gehad en wen 31-0. O/15 Rassies wen 37-15.
Maar Piet Potgieter se o/14 en o/16 spelers wys dat hulle die volgend paar jaar spanne gaan wees om mee rekenskap te hou. Die o/14s is hierdie jaar die span om te klop en die o/16 se harde werk die afgelope paar weke is nou besig om vrugte af te werp vir die Potties.
Wat die netbal betref maak EHS skoonskip. O/14b wen 16-7, o/15a wen 17-15, o/15b 23-4. EHS se o/16a wen 22-6 en b wen 26-3. Na ‘n titaniese stryd wen die Rassies se tweede netbalspan 20-19.
Die Rassies se eerste netbalspan gaan erg gebuk onder beserings, maar het nietemin moedig voortgespeel, die meisies van Piet Potgieter was net te sterk vir hulle.
Op die hokkieveld het Piet Pot se meisies koning gekraai, maar Ellisras se sokker wen die Potties oortuigend met 4-0. Die doele word aangeteken deur Frans Makgai, Morris Moshidi, John Mogohloa en Lethabo Magwai.
Vrydag speel die Rassies teen Hoërskool Nylstroom. Medium skole wat liga teen mekaar speel is Ellisras, Nylstroom, Hans Strydom, Ben Vijoen en Warmbad. Frikkie Meyer en Piet Potgieter neem deel in die groot skole liga.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube