-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Mokopane gimnastiek klub was een van nege klubs van Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en selfs sovêr as Nigerië, wat aan die TSG gimnastiek kompetisie in Pretoria deelgeneem het verlede Saterdag.
Gimnaste van vlak 1 tot 5 het aan die kompetisie, wat deur die Tswane School of Gymnastics aangebied is, deelgeneem. “Die kompetisie is goeie voorbereiding vir die Limpopo’s wat voorlê,” het afrigter Marinda Marshall gesê.
“Hierdie vriendskaplike uitnodigings gee aan ons die geleentheid om te sien hoe ons teen die ander klubs vertoon. Die gimnaste het goed gedoen, maar hulle kan selfs nog beter doen!”
By die seuns artistiese afdeling was die uitslae soos volg:
Vlak 1 – Tyron Jordaan (vloer 3de, spronge 6de, brug 6de en algeheel 7de); Ruan Goosen (vloer 4de en algeheel 11de) en Hannes Raats (spronge 5de, brug 3de en algeheel 12de).
Vlak 2 – Danyell Swanepoel (vloer 1ste, spronge 1ste, brug 1ste, rekstok 2de en algeheel 1ste); Luke Knight (vloer 3de, spronge 3de, rekstok 1ste, algeheel 2de) en Amicus de Beer (brug 2de, algeheel 10de).
Vlak 3 – Marnus Ruyenberg (vloer 3de, spronge 1ste, brug 3de, rekstok 1ste, algeheel 1ste); Luan du Plessis (vloer 4de, spronge 2de, brug 2de, rekstok 3de, algeheel 4de); Jan van der Baan (vloer 3de, spronge 3de, burg 4de, rekstok 4de, algeheel 4de); Albert Brits (vloer 4de, spronge 3de, burg 5de, rekstok 4de, algeheel 5de).
Vlak 4 – Juandré Ruytenberg (vloer 2de, ringe 1ste, beul 2de, spronge 1ste, brug 1ste, rekstok 2de, algeheel 1ste); Martin Brits (vloer 1ste, beul 2de, brug 2de, rekstok 2de, algeheel 2de); Louis Boshoff (vloer 3de, beul 3de, ringe 2de, spronge 3de, brug 3de, rekstok 3de, algeheel 3de) en Josua van der Merwe (vloer 3de, ringe 4de, spronge 1ste, rekstok 4de algeheel 5de).
Vlak 5 – Kurt Kruger (vloer 1stet, beul 2de, ringe 2de, spronge 2de, rekstok 1ste, algeheel 1ste).
By die vroue artisties het dit ook goed gegaan:
Vlak 1 – Jennezee Vermeulen (spronge 6de, brug 1ste, balk 5de, vloer 2de algeheel 2de); Miqayla Venter (spronge 3de, brug 3de, balk 6de, vloer 1ste, algeheel 2de) en Angelique Nelson (spronge 3de, Brug 6de, algeheel 4de).
Vlak 2 – Lungile Mhalangu (spronge 6de, brug 3de, Balk 2de, vloer 4de, algeheel 2de); Chené Goosen (spronge 3de, brug 2de, balk 6de, vloer 6de, algeheel 3de); Jessica Essakow (brug 5de, beam 4de, vloer 3de, algeheel 7de); Amber Nel (brug 7de, algeheel 10de).
Vlak 3 – Melody Raats (spronge 2de, balk 2de, vloer 4de, algeheel 2de); Lesedi
Mashishi (spronge 6de, brug 2de, vloer 2de, algeheel 5de) en Jodi Knight (balk 4de, algeheel 10de).
Vlak 5 - Shani Dreyer (spronge 2de, brug 4de, balk 1ste, vloer 1ste, algeheel 1ste) en Lize Janse van Rensburg (spronge 2de, brug 3de, balk 3de, vloer 2de, algeheel 3de).
0 Comments