-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Swemmers van TUKS Mokopane neem deur die jaar aan verskeie dissiplines deel wat insluit tweekamp, biathle, ope-water swem, sprint galas, inter-provinsiale en nasionale galas. Die swemklub swemmers is op 11 September vir hulle prestasies beloon tydens die swemklub se prysuitdeling wat gehou is by Kameeldoring Buiteklub.
Anel de Vos en Kurt Kruger het trofees ontvang vir hul deelname aan die SA Tweekamp kampioenskappe in Potchefstroom waar Anel18de en Kurt 29ste geëindig het.
Vir deelname aan die Midmar Myl het Hann Geerkens en Lene Kruger trofees ontvang as Beste Junior swemmers (12 en onder) en Morne van die Bank en Anel de Vos in die ouderdomsgroep (13 en ouer).
Vyftien swemmers van die TUKS Mokopane Swemklub is opgeneem in die Limpopo span.Hulle is: Morne van der Bank, Carel Smit, Kurt Kruger, Franco Botha, Dawie Oosthuizen, Percy Hawkens, Justin Nel, Danre Grove, Hann Geerkens, Miral Honiball, Anel de Vos, Bernice Laboff, Adri Vorster en Anrea Kruger. Elkeen het ‘n trofee ontvang.
Swem verg baie oefening, toewyding en uithouvermoë. Johan Neethling en Miral Honiball het tydens die prysuitdeling ook die gesogte trofee ontvang vir “getrouste oefening bywoning’ vir seniors en Ruard Nel vir juniors.
Jaarlikse gee die afrigter, Awie Hattingh, ook ‘n “Coaches Cup” aan ‘n swemmer vir besonderse prestasies. Die jaar het die trofee gegaan aan Morne van die Bank (foto regs saam met Hattingh). Morne is vir die nasionale span gekies om in Uganda deel te neem. Daar het hy twee silwer medaljes gewen.
Verskeie sprint-en inter-provinsiale galas lê nog vir die swemmers voor.
0 Comments