-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vir Kinna Wessels, ’n Graad 8 leerder van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) sou mens dink dat kultuur vir haar ’n tweede natuur is.
Haar harde werk het vir haar niks minder nie as nege kultuurbekers by die skool se onlangse kultuur prysuitdelingsfunksie verwerf.
Dié raakvatter se talent het vir haar die volgende legio kultuurbekers in die sak gebring:
Beste Junior Redenaar, Beste prestasie, monoloog, Graad 8 en 9, Beste prestasie, formele werk, Graad 8 en 9, Beste prestasie, gedramatiseerde werk, Graad 8 en 9, Beste prestasie, bladlees, Graad 8 en 9, Beste bybelvoordrag, algeheel, Beste prestasie in onvoorbereide werk, algeheel, Beste voorbereide mimiek, algeheel en Mees veelsydigste deelnemer tydens die Boveld Kunsfees 2014.
Sien aanstaande week se Noordelike Nuus vir nog uitslae.
0 Comments