<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Oud-HPP leerder presteer

 

JJ van Greunen, ’n oud leerder van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) is ’n presteerder op akademiese sowel as op sportgebied.

Sport : 30 Oct 2014 117 Viewed By Martie Le Grange 0

JJ van Greunen, ’n oud leerder van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) is ’n presteerder op akademiese sowel as op sportgebied.
Van Greunen wat in 2011 gematrikuleer het, hou homself besig met sy B.Sc. Biochemie en Fisiologie studies by die Potchefstroom NWU Universiteit sedert 2012. Hy het in Mei ’n Golden Key toekenning verwerf as een van die top 15 akademiese studente.
Dié slimkop weet ook hoe om met ’n boog te skiet. Op 25 Oktober het hy op die Tuks Sport kampus in Pretoria aan die SA National Indoor Archery Kampioenskappe deelgeneem en ’n algehele sewende plek behaal. Hierdie prestasie het gevolg na hy 565 uit 600 punte in die uitdun rondtes aangeteken het. Met eliminasie het hy deelgeneem teen onder andere Jan Herold
wie hy geklop het met 143 teenoor 141punte.
Hy het ook teen Seppie Cilliers te staan gekom en hom geklop. Van Greunen is egter deur Riaan
Crowther gewen met 145 teenoor sy 141 punte.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube