-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Collin Kortman van Pretoria is ’n volle R50 000 ryker na hy die afgelope naweek ’n 14.04 kg karp by die AP Kerk se visvang bonanza by Doorndraaidam uitgetrek het.
Uit ’n totaal van 180 inskrywings het Kortman se karp die swaarste geweeg. Kortman het gesê daar is geen geheim nie. Hy het gewone “tiger nuts” as aas gebruik. Baie geduld is die hoof “bestanddeel” het hy bygevoeg.
Deelnemers van die kompetisie het
saamgestem dié twee dae was ’n uitdaging en is van mening dit is nie vir enige Jan-rap-en-sy-maat beskore is om hiér vis te vang nie. Daar is ’n totaal van 84 visse vir die naweek gevang met ’n gesamentlike gewig van 123.64 kg. Die uitslae van die wenners van die vier visspesies in die kompetisie is soos volg:
Dantho van Eyk het vir homself ’n kontantprys van R10 000 losgeslaan vir die grootste kurper (0.98kg) en grootste baber (3.46kg). Hy het R5000 in elke kategorie gewen.
Louis Kruger het ook R5000 gewen vir die grootste swartbaars. Die vis se gewig was 1.90kg.
In die junior afdeling het Dawie Muller ’n fiets gewen vir die meeste visse gevang tydens die bonanza. Hy het drie kurpers uitgetrek. Zander Oosthuizen het ook ’n fiets gewen vir die grootste vis (2.18kg) in die junior afdeling.
Dawie Maritz se 19 visse het vir hom ’n Blouwildebees karkas besorg vir die meeste vis gevang in die kompetisie (senior afdeling). Hy het ook die tweede grootste kurper gevang.
Die AP Kerk het hulle opregte dank uitgespreek teenoor al die borge wat die dag moontlik gemaak het.
’n Spesiale dank aan Doorndraai Dam – departement van omgewingsake en toerisme, Anglo American nooddienste en paramedici vir hulle bystand en teenwoordigheid en A/O Wessels en sy span van die SAPD vir hul teenwoordigheid en die diens wat hulle tydens die kompetisie gelewer het.
0 Comments