<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Stoeier (16) reik na roem

 

Marie Oosthuizen spog met haar twee medaljes wat sy by die Afrika Stoei Kampioenskappe in Egipte verower het. Regs is haar afrigter Japie Snyders.

Sport : 04 Jun 2015 107 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Harde werk het van Marie Oosthuizen (16) van Potgietersrus Stoeiklub ‘n kampioen gemaak. Dié kranige stoeier het tydens haar deelname aan die Afrika Ope Kampioenskappe in Egipte verlede week vir haarself ‘n goue- en brons medalje losgeslaan.
Oosthuizen het haarself uitstekend van haar taak gekwyt in die twee nasionale spanne (junior o/20 en kadette o/17) wat sy vanaf 24 tot 30 Mei se Afrika Ope in Egipte verteenwoordig het. Haar harde werk het haar beloon in die finale van die kadette Afrika kampioenskappe waar sy goud verower het. Haar tyd was 1 minuut, 30 sekondes. “Sy was die enigste Kadette stoeier van SA wat goud gevat het,” sê haar afrigter, Japie Snyders, trots.
Dié jong stoeier raap ook vir haarself ‘n derde plek op in die junior Afrika Kampioenskappe wat sy tydens haar besoek in Egipte verower het. “Oosthuizen het teen stoeiers meegeding wat drie jaar ouer is as sy en tog ‘n briljante prestasie vermag,” voeg Snyders by.
Oosthuizen stoei reeds agt jaar onder leiding van Snyders. “Marie het die laaste drie jaar hard geoefen en verdien wat sy bereik het,” sê Snyders. Alle oë is op Oosthuizen aangesien dié stoeier weer gaan kragte meet by die eersdaagse Kadette Wêreld Kampioenskappe in Bosnië.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube