-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Monique Venter van Potties Stoeiklub is die tweede stoeier van Mokopane wat by die Afrika Ope Stoeikampioenskappe in Egipte naam gemaak het. Venter, wat verlede week die nasionale kadette span verteenwoordig het, het ’n brons medalje opgeraap. Die klub het vir Venter gelukgewens met haar prestasie. Hier staan sy breëbors saam met haar mede deelnemers in die derde plek op die podium.
0 Comments