<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Stoeiers wys hul staal by kampioenskappe

 

Stoeiers van Potties Stoeiklub wat deelgeneem en uitsonderlik presteer het tydens die onlangse Limpopo Ope Stoeikampioenskappe. Voor van links, Zander Benedetti, JP Joubert en Dewalt Beukes. Agter, Louisa Gouveia, Manie de Jonge en Pieter Jordaan. Afwesig: Rosie Pieterse.

Sport : 11 Jun 2015 193 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Stoeiers van die Potgietersrus Stoeiklub staan vir niemand op die stoeimat terug nie. Hulle het kragte gemeet tydens verskeie onlangse kampioenskappe.
Stoeiers se uitslae was soos volg:
Limpopo Ope Stoeikampioenskappe Noord-Gauteng: Manie de Jonge verower een goue- en drie silwermedaljes. Rosie Pieterse, Altus du Plessis en Louise Gouveia verower elkeen goud en Pieter Jordaan verwerf ’n bronsmedalje. Wikus van Staden spog met ’n silwermedalje. Zander Benedetti, JP Joubert en Dewalt Beukes kry elk ’n “Long Term Development Programme” (LTDP) medalje vir deelname. Danie Venter verwerf goud in Meesters-C en ’n brons in Meesters-A.
Mpumulanga Ope Stoeikampioenskappe Graceland Casino, Secunda: Dewalt Beukes en JP Joubert verwerf elkeen ’n LTDP medalje vir deelname. Monique Venter verower goud en Manie de Jonge verower ’n goue medalje, twee silwer- en  een bronsmedaljes. Juan de Beer verwerf silwer en Marnu van der Kolff bron. Pieter Jordaan en Justin Pieterse verower elkeen ’n vierde plek. Danie Venter verwerf ’n bronsmedalje in Meesters. Nolene Pieterse het onttrek weens ’n besering.
Die klub het sy stoeiers gelukgewens en bedank vir hulle harde werk, dissipline en deursettingsvermoë.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube