-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Veronica van Loggenberg (11), ’n nuwe leerder wat met verlede Vrydag se distrikatletiek skaars vyf dae lank by Laerskool Krugerpark was, se langasem het aan haar ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord in die 1 200m vir meisies o/11 besorg.
Vir sommige mense is dit moeilik om te glo dat só petite atleet, ’n SA-rekord kan breek. Van Loggenberg, wat saam met haar ouers van Rustenburg na Mokopane verhuis het, het dit sowaar reggekry en glimlag beskeie oor haar besonderse prestasie. Sy het dié langafstand item in 4.13:33 kafgedraf en sê sy sien baie uit na die eersdaagse Provinsiale atletiekbyeenkoms by die Peter Mokaba Sportstadion in Polokwane in Maart.
Veronica sê sy het geen geheim nie, maar glo dat haar vyf dae per week oefening baie belangrik is. Haar afrigter van Rustenburg, Nick Soekoe, stuur gereeld aan haar voorgeskrewe oefeninge wat sy streng volg. Dié kranige atleet sê sy is sedert Graad 2 aktief danig met atletiek en het in dieselfde jaar ‘n vierde plek in landloop SA’s losgeslaan.
0 Comments