-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Rugbyspelers van die Potgietersrus Rugby Klub glo hulle sukses sedert die begin van die jaar is grootliks te wyte aan hulle goeie gesindheid, spanwerk en ook aan die toepassing van hulle leuse, “glo in jou God, glo in jouself, glo in jou spanmaat.”
Die spelers se afrigter, SJ Jonker, sê sy span het vanjaar begin met ’n nuwe gesindheid. “Ons pak alles 200 persent aan,” sê hy en noem ook dat ‘n mens verbaas sal wees wat jy in die lewe kan bereik as jy jou beste gee.
Die span het verlede naweek die seisoen afgeskop met ’n uitstekende wen toe hulle kragte gemeet het met die sterk span van Groblersdal (Loskop).
Hulle mees onlangse wedstryd in die sewes toernooi by Loskop het hulle behoorlik geseëvier met ’n puntetelling van 160 teenoor 77.
Die klub se wedstryd uitslae is soos volg:
Potties teenoor Loskop 2, 26-7
Potties teenoor Universiteit van Limpopo, 26-7
Potties teenoor Middelburg Panthers, 24-17
QF Potties teenoor Nylstroom, 31-12
SF Potties teenoor Loskop 1, 29-15
Finals Potties teenoor Ellisras, 24-19 (na ekstra tyd)
Die volgende spelers het drieë gedruk:
Phil Herselman, 3
Willem Dreyer, 5 (insluitend die wen drie)
Hans du Plessis, 6
Anthony Hawken, 2
Phillip Fuls, 1
Jan Vorster, 2
Klaas Galane, 5
Jonker sê hy is ook baie trots op die klub se 2de span. Alhoewel dié span in die plaat finaal verloor het, het hulle alles ingesit en moes sommige wedstryde sonder reserwes klaarkom, sê Jonker en reken beter toewyding sal jy nêrens kry nie.
Die klub se bestuur het hulle dank uitgespreek teenoor elke speler.
“Dankie vir julle goeie gesindheid en harde werk wat julle by elke oefening insit en dankie ook aan die spelers se vrouens en meisies vir julle ondersteuning.”
0 Comments