<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mokopane drie maak naam in Portugal

 

Armanda Kruger, haar seun Kurt (regs) en Cobus van Wyk by die 2016 Laser-Run Wêreld Kampioenskappe in Portugal.

Sport : 08 Sep 2016 337 Viewed By Martie Le Grange 0

PORTUGAL – Armanda Kruger (42), haar seun, Kurt, en Cobus van Wyk van Mokopane het Woensdag terug in SA geland na hulle deelname en skitterende prestasie by die 2016 Laser-Run Wêreld Kampioenskappe in Portugal Lisbon.
Dié drie het Mokopane behoor-lik op die kaart geplaas met hulle uitmuntende prestasie in hierdie hardloop en skiet kompetisie wat deur die International Modern Pentathlon
Federation (UIPM) aangebied is.
Armanda het ’n derde plek vir individuele deelname en ’n derde plek in aflos losgeslaan terwyl Kurt ’n 10de plek vir individuele deelname behaal het. Van Wyk spog met ’n 14de plek vir individuele deelname.
Kurt Kruger en Cobus van Wyk is leerders van Hoërskool Piet Potgieter (HPP).
Armanda bedank op Facebook die Hemelse Vader vir Sy krag wat deur haar are gevloei het. Sy verwys na ’n oorlede vriendin, Janet Duvenhage, wat haar inspirasie is.
Verder bedank sy haar gesin, haar familie, mede landgenote en deelnemers, asook vriende  vir hulle ondersteuning.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube