<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

DLU hou suksesvolle gholfdag

 

Die DLU Gholfdag wenners, Bennett van der Gryp en Freddie van Wyk. Saam met hulle is die DLU voorsitter, Ockert Scherman. Afwesig: Anthony Hawken en Spencer Claassen.

Sport : 28 Oct 2016 893 Viewed By Martie Le Grange 0

Die Potgietersrus Distrikslandbou Unie (DLU) het verlede Donderdag sy 11de jaarlikse gholfdag by die Kameeldoring Buiteklub gehou. Vanjaar se tema was: “Eaten today? Thank the farmer and the farm workers” as bewusmaking van die noodsaaklike rol wat boere in die samelewing speel.

Die wenners van die gholfdag was die H&F Hydraulics span (Bennet van der Gryp, Anthony Hawken, Freddie van Wyk en Spencer Claassen) met 157 punte. Tweede met 155 punte was die Garrun 1 span (Frikkie van der Wath, De Wet Kruger, Walkie Kruger en Martin Prinsloo). Derde met 145 punte was die Wysa span (Rikus Oosthuizen, Christo Oosthuizen, Henk van Emmenis en Lucius van Schalkwyk).

DLU voorsitter, Ockert Scherman het sy dank uitgespreek aan elkeen wat betrokke was, asook die borge, by die gholfdag. Scherman het ook die drie wenners van die DLU se gelukkige trekking bekend gemaak. Die wenner is Rina Pretorius. Haar prys is die boor van ’n 150m boorgat deur Sandstone Drilling.

Die tweede prys is gewen deur Hendrik de Swardt. Hy wen ’n 2000 liter JoJo watertenk. Die derde wenner is Stefan Storm en hy wen ’n drukpomp vir huishoudelike gebruik.

 

 

 

 
 

Garrun 1 se span het tweede geeïndig in die DLU se gholfdag. Hulle is, Walkie Kruger, Martin Prinsloo, Frikkie van der Wath en De Wet Kruger. Ockert Scherman, voorsitter van die DLU staan by hulle.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube