<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Duisende vir DBV ingesamel

 

Paul Essakow, voorsitter, en Carel Taljaard, onder voorsitter, van die Mokopane Cycling Club oorhandig R12 500 aan Marcelle Martiz van die DBV.

 

Sport : 18 Nov 2016 635 Viewed By Adele Essakow 0

MOKOPANE – Die Mokopane Cycling Club het bykans R 13 000 aan die DBV oorhandig na verlede naweek se ‘Noon to Moon’ rit by die Wildteelsentrum.
Dit was ’n maklike besluit vir die die bestuur van die MCC om hierdie jaar se fondsinsameling te doen ten bate van die DBV Mokopane.  
MCC se visie was om besighede van die dorp te betrek om spanne van vier in te skryf, om ’n kort fietsroete in die Wildteelsentrum te ry.
MCC se ‘Nood to Moon’ rit was goed ondersteun en 10 spanne het ingeskryf. Die spanne was Playball, Dynalift, HM Plant Hire, Midas, Real Specs, Lombardi, ARC Engineering, Vlakte, Gecko Guesthouse, en SAC.
MCC bedank hul borge, ondermeer Combat Sekuriteit wat seker gemaak het dat die dag veilig verloop het. TAN Slaghuis het wors geskenk, Mogalakwena myn het hul ambulansdienste beskikbaar gestel. CK Signs het trofees en sleutelhouers verskaf, Dian van Huysteen het energiedrankies gegee en die Waterberg Christen Sentrum Jeug het ‘n kosstalletjie met eetgoed daar gehad. Play on Mobile het musiek gespeel en die DBV span het vir die fietsryers pap, sous en wors gaargemaak.
ROR events se ‘live timing’ was ’n reuse sukses, almal het dit geniet om te sien watter span voorloop.

 

 

 
 

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

Foto: Adele Essakow

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube