<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mogol Rugby skop goed af

 
Sport : 16 Feb 2017 1198 Viewed By Press Release 0

LEPHALALE - Die Mogol Rugby Klub het op 8 Februarie kragte gemeet teen Northam in 'n vriendskaplike wedstryd. Die klub se Recha Welman sê dat die klub goed gevaar het in vergelyking met verlede jaar se wedstryd teen dieselfde span.

"Ons gebruik graag hierdie vriendskaplike wedstryd om ons sterk en swak punte te identifiseer en daaraan te werk sodat ons die liga kan wen," verduidelik sy.

Daar was ‘n paar beserings gewees en sy spreek haar wens uit dat die manne vinnig sal herstel.

Bosveld biltong en braai te same met Spar het gesorg dat al die spelers ‘n worsbroodjie na die wedstryd gekry het. Oasis water en Le Aqua het ook water vir ons spelers geborg. Bakers Deli het die Jaffels en Vetkoeke gemaak wat ons gedurende die wedstryd verkoop het. Dankie aan die klub se dames wat dit voorberei het.

Nick du Toit het ons as Medic bygestaan.

Vir elke afrigter, kommitee lid, speler, helper, borg en ondersteuner se Mogol Rugby Club dankie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube