<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nog ‘n oorwinning vir Mogol Rugby   

 
Sport : 09 Mar 2017 1296 Viewed By Recha Welman 0

LEPHALALE - Die Mogol Rugby Klub het verlede naweek in Meyerton teen Atteridgeville kragte gemeet in 'n verbete Assupol liga wedstryd en 36-19 gewen.

Punte is aangeteken deur George Marx, De Wet Joubert, Johan van Zyl, Albert Maritz, Ruan de Jager, Divan Clur, Willie Fourie en Jack Lamola. Speler van die wedstryd is aangewys as Albert Schoeman.

Mogol Rugby bedank graag al Laeveld Busdienste, Kill-a-Bug, Srixzone en Oasis Water vir hul borgskap met hierdie wedstryd.

Die klub beplan ‘n spanbou dag saam met Mogol Krieket op 18 Maart en nooi die hele dorp om die middag saam met ons te kom geniet.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube